Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die medeleraarspos by ons gemeente, vereis spesialisvaardighede.
Ons lys ’n paar wat vir ons belangrik is.
- Passievol toegespits op die energieke bediening aan en groei van jeug, jong werkendes en gesinne wat ’n besliste invloed op die bedieningsfokus van die gemeente meebring.
- Dinamiese en aktuele prediking met klem op lof en aanbidding. Eredienste moet belewenisse wees wat die jonger geslag sal prikkel.
- Innoverende aanslag en aktiwiteite waarmee jongmense en gesinne bereik en uitgenooi word na die gemeente. Bou en versterk verhoudings doelgerig met opregtheid en energie, met die uiteindelike doel van geestelike verdieping en groei.
- Ondersteuning van die leraar en die ander fokusareas van seniorbediening en impakvolle gemeenskapskerk.
Ons sien uit na jou twee bladsye CV en ’n kort video waarin jy meer van jouself vertel, hoekom jy vir hierdie pos aansoek doen en hoe jou vaardighede inpas by ons behoeftes.
Salaris volgens sinodale skaal (maks R600,000 pj behuising ingesluit).
Gesels gerus met Alwyn Small (083 556 5837) of Thea Diedericks (082 783 4394) as jy enige vrae het.
Sluitingsdatum: 31 Julie 2024.
Aanvangsdatum: So spoedig moontlik, maar onderhandelbaar.
Stuur asb jou aansoek na Mariana Botha by skriba@parow-panorama.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om onafhanklik van hierdie advertensie ’n aanstelling te maak of glad nie die pos te vul nie.
- Die advertensie is aangepas na publikasie.