Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Ons soek ’n leraar wat:
- Toegewyd aan Christus leef en Hom dien.
- Die gesag van die Skrif as onfeilbaar aanvaar en dit heilig ag.
- Inkoop op die visie, waardes en etos van die gemeente.
- Dinamies en energiek is, en sterk leiding kan neem.
- Goeie balans kan handhaaf in die gemeente om oud en jonk te bereik deur preke, aktiwiteite en ’n bediening vir almal te bied.
Posbeskrywing:
Gemeenteleraar wat verantwoordelik is vir die volle spektrum van bediening in ons diverse gemeente van alle ouderdomme.
Vereistes/verantwoordelikhede
- Gelegitimeerde van die NG Kerk.
- Kom al die ampspligte van Artikel 9 van Kerkorde na.
Algemeen:
Vergoeding volgens sinodale riglyne. Behuising in die pastorie is beskikbaar.
Aansoeke:
Stuur aan: kantoor@ngwarmbad.co.za of skakel 014 736 2788.
Sluitingsdatum: 31 Julie 2024.
Diensaanvaarding: Soos ooreengekom.
Die gemeente behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
Geborg