Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK RIVIERSONDEREND: Voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos

Die kerkraad van die NG gemeente van Riviersonderend wag in afhanklikheidaansoeke in vir bogenoemde pos.

Riviersonderend is ’n plattelandse landbougemeenskap in die hartjie van die Overberg met tans 332 belydende en 83 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit vier dorps- en vier plaaswyke asook die Overberg-tehuis vir bejaardes. Daar is ’n goeie verspreiding van lidmate oor die hele ouderdomspektrum.

ONS VISIE

Ons wil God se lewegewende water wees wat vloei na alle mense.

LERAARSPROFIEL

Die nakom van alle ampspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde. ’n Leraar met ’n passie vir die plattelandse bediening.

Ons nooi graag iemand wat vir ons gemeente ’n herder sal wees om ons met liefde en deernis te inspireer om meer soos Jesus te word sodat lewende water deur ons kan vloei na alle mense.

VERGOEDING

  • Salarispakket volgens sinodale skaal as riglyn.
  • Ruim pastorie beskikbaar.

AANSOEKE

  • Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
  • ’n Kort video van twee minute via WhatsApp (071 605 8452) waarin u uself bekend stel en met ons deel waarom u vir die pos aansoek doen.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en moontlik ’n preekbeurt.
  • Rig aansoeke aan ngrse@twk.co.za
  • Sluitingsdatum: 15 September 2024.

NAVRAE

Voornemende aansoekers wat meer inligting wil bekom kan vir Jauné van der Westhuizen (skriba) kontak op 071 605 8452 / ngrse@twk.co.za

Die kerkraad behou die reg om nie ’n beroep uit te bring nie.

 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top