Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Vanstadensrus: Deeltydse leraar (5/8 pos)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Deeltydse leraar (5/8 pos)

Sluitingsdatum: 30 September 2024.

Dienstermyn: Twee jaar

Gemeenteprofiel: Vanstadensrus is ’n klein plattelandse dorpie in die Suid-Oos-Vrystaat, tussen Wepener en Zastron. Boerderygemeenskap. Bestaan uit 70 belydende lidmate, ongeveer die helfte jonggetroudes – en 24 dooplidmate.

Die gemeente het in 2019 begin doleer, en na die Algemene Sinodesitting in Oktober 2023 uit die verbintenisse met ons Ring, Streeksinode en die Algemene Sinode getree.

Leraarsprofiel: Verkieslik ’n emeritusleraar, wat reeds op pensioen is, en nog gesond en energiek genoeg is om met entoesiasme leiding in die gemeente te neem.

Pligte:

Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde. Klem op die volgende:

  • Skrifgetroue Woordverkondiging.
  • Goedvoorbereide preke.
  • Wyksbyeenkomste.
  • Huis- en siekebesoeke.
  • Betrokkenheid en meelewing in die gemeente.

Vergoeding en voordele:

  • Onderhandelbaar, met inagneming dat dit ’n 5/8 pos is.
  • Gratis verblyf in ’n gerieflike, goedversorgde pastorie.
  • Water en elektrisiteit ingesluit. Selfoontoelaag.
  • Voertuig vir gemeentewerk word voorsien. Brandstoftoelaag.

Aansoek: Rig asb die aansoek en ’n CV nie langer as twee bladsye nie, tesame met drie referente en hulle selfoonnommers en e-posadresse, aan: Die skriba: ngkmook@ntelecom.co.za  Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n preekbeurt en onderhoud. Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling uit die ontvangde aansoeke te maak nie.

Diensaanvaarding: 1 November 2024.

Navrae:

Die skriba, Louise Fouche sel: 082 825 2867, e-pos: ngkmook@ntelecom.co.za

Leierouderling: Gerard Jordaan. Sel: 083 462 0842.

Ouderling: Fanie Fourie. Sel: 083 388 0795.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top