Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Witrivier: Medeleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Vakature: Medeleraar

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2024.

Die NG Gemeente Witrivier, wat funksioneer as ’n voorstedelike familiegemeente in die Laeveld van Mpumalanga van ongeveer 1 300 belydende en dooplidmate, met een permanente leraar en een vastetermynleraar (brugleraar) tot 31 Desember 2024, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n voltydse medeleraarspos.

Gemeenteprofiel:

  • Die gemeente se karakter en visie is om ’n Oase van Jesusliefde te wees wat streef na passievolle aanbidding van die Here, hartlike versorging van mekaar en om hulp en hoop te bring aan mense in ons omgewing.
  • Die gemeente kom uit ’n uitdagende seisoen van verandering en het ’n voortdurende behoefte aan herlewing, stabiliteit en die daarstel van ’n nuwe visie.

Posprofiel:

Daar sal van die geskikte leraar verwag word om verantwoordelikheid te aanvaar vir alle fasette van gemeentewerk soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde. Daar sal verder van hom/haar verwag word om onder andere oor die volgende eienskappe te beskik:

  • Inspirerende effektiewe Skrifgetroue prediking vir verskillende teikengroepe, met vaardighede in interaktiewe bediening in ’n digitale wêreld en aanlyn bediening.
  • Iemand wat kreatief kan dink en in veranderde tye effektief ’n gemeente kan bedien met aanwending van multimedia-vaardighede.
  • Iemand wat nie net ’n goeie spanspeler is nie, maar wat ook ’n goeie bemiddelaar is en verskillende groepe mense te kan kry om saam te werk en om gemene doelwitte na te streef.
  • Ervaring/voorkeur aan pastorale versorging van lidmate: sieke en huisbesoek volgens reëlings in gemeente.
  • Beskik oor die vaardighede om pastorale versorgingsnetwerke te vestig en uit te bou.
  • ’n Passie vir gemeenskapsbediening.
  • Bekend en gemaklik om ’n gemeente met ’n visioneringsproses te begelei.

Vergoeding:

Billike vergoeding sal aangebied word wat voldoen aan die sinodale riglyne (Oostelike Sinode) en wat behuising of alternatiewelik, ’n behuisingsubsidie insluit.

Aansoeke:

  • Leraars wat belangstel om aansoek te doen word uitgenooi om ’n e-pos te stuur na beroeping2024@witriviergemeente.com, vanwaar u die maklike prosedure en ’n skakel na die aanlyn aansoekvorm sal ontvang. Enige navrae kan ook aan hierdie e-posadres gerig word.
  • Aansoeke wat nie voldoen aan die vereistes soos gestel in die aanlyn aansoekvorm nie, sal ongelukkig nie oorweeg word nie.
  • Kortlyskandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud op 19, 20 ,21 September en moet ook bereid wees om psigometriese toetse te ondergaan.
  • Die beroepingsvergadering van die kerkraad is geskeduleer vir nie later nie as 24 Oktober 2024 en diensaanvaarding word verwag op 1 Januarie 2025.

Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.