Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Kuilsrivier: Leraar (Vastetermynkontrak – drie jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar – Vastetermynkontrak (Drie jaar)

Sluitingsdatum: 2 September 2024.

Indienstreding: 1 November 2024 of so gou as moontlik daarna.

In biddende afhanklikheid van die Here nooi die kerkraad gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om vir hierdie leraarspos aansoek te doen.

GEMEENTEPROFIEL

Kuilsrivier is tussen Kaapstad en Stellenbosch geleë. Die NG Gemeente Kuilsrivier het ’n ryke tradisie en is vanjaar 121 jaar oud. Dit is ’n voorstedelike, dog semi-plattelandse gemeente met ongeveer 600 lidmate (belydend ongeveer 550 en dooplidmate ongeveer 50). Die grootste aantal lidmate is tussen 60 en 80 jaar oud (41%). Soos oral is die gemeente aan verandering blootgestel. Dit geld nie net die demografiese en fisiese ontwikkelinge in Kuilsrivier nie, maar ook die tydsgees, op nasionale en internasionale vlak.

 VISIE EN ROEPINGSVERKLARING

Die gemeente op die markplein gestuur om die koninkryk sigbaar te maak.

Geloofsgewoonte: Bly in die liefde (leef liefde prakties).

LERAARSPROFIEL

Die kandidaat moet:

  • ’n Lewende verhouding met die Here hê.
  • ’n Skrifgetroue en geïnspireerde prediker wees met ’n gemaklike spreek- en preekstyl.
  • Eredienste oop en toeganklik maak vir meer mense wat na God soek (tradisionele, sowel as vernuwend).
  • Lidmate en gemeenteleiers lei om meer Godbewus te raak en te lewe.
  • ’n Passievolle dissipelmaker wees wat die gemeente begelei om hulle geloof prakties  binne en buite die gemeente uit te leef (missionale begrip).
  • ’n Visioneerder wees wat oor die gawe beskik om die groter prentjie raak te sien. Veral die “prentjie” oor die toekoms van die gemeente.
  • ’n passie hê vir betrokkenheid en uitreik na die gemeenskap.
  • Interkerklik (veral ook met VGK) kan saamwerk om ’n verskil in die gemeenskap te maak
  • Betrokke wees by ringsaksies.
  • ’n Passie veral vir senior lidmate hê.

Ampspligte: Volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding: Onderhandelbaar.

Beroepingsprosedure: Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n preekbeurt.

Aansoeke:

  • Stuur volledige CV (nie langer as vier bladsye nie) met ten minste twee toepaslike referente na die gemeentebestuurder, mev Maureen du Plessis: ngkkuilsrivier@absamail.co.za
  • Vir navrae skakel: André Roux 082 907 1127 (voorsitter kerkraad).

Gieliana Fourie 083 330 5479 (voorsitter diensverhoudinge).

  • Meld asseblief ook wat u Meyers-Briggs-profiel is (indien beskikbaar).
  • Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die ontvangde aansoeke te maak nie.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top