Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Hartenbos: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Die NG Gemeente Hartenbos wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir ’n voltydse predikantspos op Hartenbos met die oog op diensaanvaarding op 1 Januarie 2025.

Die NG Gemeente Hartenbos is ’n gevestigde geloofsgemeenskap in die Suid-Kaap en bestaan reeds meer as 60 jaar. Hartenbos is ’n bekende aftreedorp en ’n gesogte vakansiebestemming vir mense van oor die hele land. Die gemeente beskik oor drie voltydse leraarsposte en bestaan uit 336 doop- en 2 670 belydende lidmate.

Die gemeente is vir bedieningsdoeleindes in drie streke verdeel. Nuwe intrekkers, skole, aftree-oorde en vakansiegangers is belangrike bedieningsfokusareas. Die lidmaatverspreiding verteenwoordig alle ouderdomsgroepe. ’n Gemaklike bedieningstyl, kameraderie, spanwerk, onderlinge ondersteuning en gasvryheid is vir ons baie belangrik. Fokusareas van die leraars word toegedeel volgens ervaring, gawes en passie.

In die proses om die roeping van die gemeente “Skyn Jesus se Lig” uit te leef, word sterk gefokus op die volgende waardes: Biddend, opofferend, inklusief, gehoorsaamheid, deernis, eietyds en gasvry.

Leraarsprofiel:

Die geskikte kandidaat sal aanspreeklikheid aanvaar vir alle fasette van die bediening en gemeentewerk soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde, vir een streek. Verder sal die volgende vereistes ook van toepassing wees:

  • ’n Predikant van die NG Kerk en bedienaar van die Woord wat die voorgeskrewe legimitasieverklaring onderteken het. Geen beperking (wetmatig of andersins) om in diens te tree nie.
  • Afrikaanssprekend en Engels magtig.
  • Geldige bestuurlisensie.
  • Vaardigheid in interaktiewe bediening in ’n digitale wêreld en aanlyn bediening.
  • Bewese ervaring in visioenêre leierskap wat ’n span kan toerus, begelei, mentor, koördineer en ondersteun met die implementering van ’n gedeelde roeping.
  • Volledige inkoop in die gemeenteroeping.
  • Kollegiaal en bewese ervaring van spanwerk, asook volledige inkoop in die gemeente se leierskapsmodel.
  • Vermoë om sinergie te bring in die leraarspan.
  • Bewese ervaring in pastorale sorg.
  • Goeie verhoudinge kan ontwikkel en in stand hou deur netwerke te bou in die gemeente asook met die omringende gemeenskap, skole, besighede en ander gemeentes en kerke in Mosselbaai.
  • Begrip vir die sosiale dinamiek in die Hartenbosgemeenskap en die implikasies daarvan vir gemeente-wees.
  • Ontwikkeling en ondersteuning van gemeente-spiritualiteite bv kontemplatiewe spiritualiteit en begeleiding van retreats.
  • Oortuiging en ervaring van missionale bedieningspraktyke.

Vergoeding:

Die vergoeding is onderhandelbaar en sluit in ’n behuisingsubsidie, reis-, selfoon- en rekenaartoelaag in ooreenstemming met sinodale vergoedingsriglyne.

Aansoeke:

  • ’n Curriculum Vitae (CV) gefokus op hierdie advertensie en waarin u spesifieke gawes, passie, roeping en belangstellings aangedui word tesame met ’n drie minute video waarin u verduidelik waarom u geroepe voel om aansoek te doen. Verskaf ook die besonderhede van drie referente by wie daar navraag gedoen kan word.
  • Stuur ook ’n digitale skakel waar ons kan luister na ’n onlangse erediens wat u in u eie gemeente gelei het.
  • Voorsien asb. ook beskikbare psigometriese toetsresultate van uself en dui aan of u bereidwillig sal wees om sulke toetsing te ondergaan indien nodig.
  • Rig aansoeke digitaal aan die Voorsitter Personeel Diensgroep: kantoor@ngkhartenbos.co.za. Belangstellendes kan ook kontak maak met Des Sampson (082 651 2006). Aansoeke sluit 28 September 2024.

Die gemeenteraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top