Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 25 September 2024.
Gemeenteprofiel:
Woodland Hills is ’n NG Gemeenskapskerk (WHNGGK) in Bloemfontein. Die gemeente is 14 jaar oud en het ongeveer 528 belydende, 223 dooplidmate en 33 vriende van die gemeente. Vriende van die gemeente is lidmate wat inskakel en bedien word, maar wat nie hulle tradisionele lidmaatskap kanselleer nie.
WHNGGK is ’n voorstedelike gemeente wat hoofsaaklik die landgoed van Woodland Hills bedien, maar het ook heelwat lidmate buite die grense van die landgoed. Die gemeente wil ’n tuiste wees waar God se liefde tasbaar is en sodoende elkeen toerus en uitstuur. Ons gemeente bestaan uit alle ouderdomsgroepe, met ’n persentasie senior lidmate waarvan ’n deel in ’n “Lifestyle Village” binne die gemeentegrense woon.
Ons as Woodland Hills NG Gemeenskapskerk wil graag aansoeke van passievolle en energieke leraars ontvang. Deel van die visie van die kerkraad is om die bediening aan ons gesinne uit te bou met die oog op gemeentegroei. Die geskikte kandidaat moet ’n liefde vir God en ’n liefde vir mense op alle ouderdomsvlakke hê en aan die volgende profiel voldoen:
PROFIEL VAN DIE KANDIDAAT:
GESLAG: Hoewel alle eienskappe in ’n manlike vorm geskryf is, veronderstel dit ook dat ’n geskikte kandidaat vroulik kan wees.
- Die ouderdom van die kandidaat behoort tussen 35 en 50 jaar te wees.
- Die kandidaat moet ’n Geesvervulde persoon wees vir wie die gemeente en die koninkryk van God die hoogste prioriteit is.
Die hoofopdrag aan die kandidaat sal wees:
- Die geestelike versorging van die gemeente.
- Geïnspireerde eredienste.
- Aktiewe jeugbediening (Die leraar sal ook hiervoor verantwoordelik wees).
- Sistematiese huisbesoek.
- Pastorale versorging van lidmate by wyse van hospitaalbesoeke, pastorale besoeke en die besoek van nuwe intrekkers.
- Die kandidaat moet voortgaan met die opbou en uitbou van die dinamika en die momentum wat in die gemeente bestaan.
- Die uitwerk en aanbied van Bybelstudies.
Die kandidaat moet die visie van Galasiërs 5:6b aanvaar, naamlik: “Al wat van belang is, is geloof wat deur liefde tot dade oorgaan”.
Die kandidaat moet ook die missie van die gemeente verstaan en hom daartoe verbind, naamlik: VERBINTENIS/ COMMITMENT, OPENHEID/ OPENNESS, UITNEMENDHEID/ EXCELLENCE!
Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde
Vergoeding: Die salaris sal met die sinodale salarisskale as riglyn bereken word.
Aansoek:
Vir verdere inligting betreffende die profiel van die pos en die profiel van die kandidaat, druk op die volgende skakel: www.woodlandhillskerk.co.za.
Stuur asseblief vir ons u CV en motiveer presies hoe u aan die profiel van die pos en die profiel van die gemeente voldoen.
Die datum van beroeping is DV Sondag 20 Okt 2024. Datum van indiensneming: 1 Januarie 2025.
Navrae:
Judy Havenga E-pos: kantoor@woodlandhillskerk.co.za Tel: 051 492 3064.
Johan Lombard E-pos: johan@ppasa.net Sel: 082 560 0130.
Ds Anton Meiring E-pos: anton@woodlandhillskerk.co.za Sel: 079 895 3914.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke ontvang, te maak nie.
