Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Leraar
Sluitingsdatum: 27 September 2024.
Dienstermyn: Vastetermynpos vir drie jaar.
Gemeenteprofiel: Prins Albert is ’n plattelandse dorp in die Karoo, 120 km vanaf Oudtshoorn. Die gemeente het 272 belydende lidmate en 39 dooplidmate, met heelwat bejaardes. Daar is ses dorpswyke, een huis vir bejaardes en vier plaaswyke. die boerderygemeenskap vorm ’n sterk deel van die struktuur en funksionering van die gemeenskap. die dorp is bekend as ’n Karoo-kultuursentrum met unieke besigheidsbedrywe wat ook hierdie karakter ondersteun.
Leraarsprofiel: ’n Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk met ’n liefde vir alle mense en veral bejaardes, en ook begrip vir die rol van landbou in die daaglikse lewe van kerklidmate. ’n Persoon wat geheg is aan die gereformeerde leer, met entoesiastiese prediking gebaseer op die Bybel en die NG Kerk se belydenisskrifte. Iemand wat verhoudings kan bou en ook leer en lewe bymekaar kan uitbring, iemand wat besef dat geestelike groei nie in afsondering geleë is nie, maar gedy te midde van die daaglikse lewe en werk. Iemand met ’n sterk familiebenadering in die bediening. ’n Pastor wat begryp dat mense nie net probleme moet kom aanmeld nie, maar self ondersteunend na hulle toe moet gaan. ’n Leraar wat met opgewondenheid ons kerk se Artikel 9 saam met die kerkraad sal uitleef.
Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele:
- Vergoedingspakket R330 000 TKVI (reiskoste en byvoordele ingesluit).
- Pastorie met sonsisteem. Munisipale dienste is die gesamentlike verantwoordelikheid van die kerkraad en leraar.
Aansoek: Belangstellendes kan ’n curriculum vitae, met ten minste twee verwysings/ kontakbesonderhede, stuur aan prinsalbertngk@gmail.com. ’n Vraelys ondersteunend tot die CV is op aanvraag beskikbaar by die kerkkantoor wat saam met die CV teruggestuur kan word aan die kerkkantoor.
Diensaanvaarding: 1 April 2025.
Navrae:
- Ds Philip Scholtz, 083 665 9973.
- Johan du Toit, Voorsitter DVK, 082 512 1262.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.