Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Leraarspos (Vastetermynkontrak 1-3 jaar)
Gemeenteprofiel: Middelburg Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 400 belydende lidmate en 50 dooplidmate ingedeel in 10 dorps- en vier plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege.
Sien www.ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkprofiel.docx vir ’n meer volledige profiel.
Leraarsprofiel: Die leraar is ’n entrepreneur en implementeer ’n groeistrategie vir die gemeente, wat insluit: onaktiewe lidmate, geestelike groei, nuwe geloofsgemeenskap oor huidige gemeentegrense, die insluit van jongmense en skoolkinders en die bediening aan seniors; ’n goeie luisteraar met ’n fasiliterende styl van leierskap wat lidmate mobiliseer, bemagtig en verenig om hulle gawes in die bedieninge van die gemeente uit te leef. Netwerkvorming met rolspelers in die gemeenskap is ’n prioriteit.
Pligte: Basiese leraarspligte soos ooreengekom met die gemeenteraad.
Vergoeding en voordele: Vergoedingspakket is R280 000 (sluit bonus in). Ruim pastorie met dienste, kommunikasietoelaag en voertuig vir gemeentewerk word voorsien.
Aansoeke: Rig aan die gemeenteraad by admin@ngkaroo.co.za Cc wjolivier71@gmail.com. Die CV (nie langer as vier bladsye nie) moet vergesel wees van die voltooide vraelys by www.ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkvraelys.docx. Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt indien die gemeenteraad dit so vereis.
Sluitingsdatum: Maandag 16 September 2024 om 16:00.
Diensaanvaarding: 1 November 2024.
Navrae: Dr Wilem Olivier: wjolivier71@gmail.com / 083 702 5218.
TP Vorster tp@midkaroo.co.za / 083 470 1186.
Die gemeenteraad behou die reg voor om nie noodwendig die pos uit enige van die aansoekers of genomineerdes te vul nie.