Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Boksburgpark: Leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Leraar

Voltydse vastetermyn leraarspos (drie jaar)

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.

Gemeenteprofiel:

NG Kerk Boksburgpark is geleë in Boksburg, deel van die Oosrand van Gauteng.

Lidmaattal: ongeveer 160 lidmate (doop en belydend). 90 gesinshoofde.

Die gemeente vorm deel van die Ring van Boksburg.

Kandidaat:

Die kerkraad het besluit om nie ’n vereiste te stel ten opsigte van die kandidaat se diensjare en ondervinding nie, maar sal alle aansoeke oorweeg. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

Die volgende vereistes is van besondere belang vir die kerkraad:

  • ’n Sterk gereformeerde teologiese uitkyk met besondere klem op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die kerk se belydenisskrifte.
  • ’n Passie vir die bediening van die Woord in alle fasette van die gemeentewerk.
  • Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat en huisbesoek.

Vergoeding:

Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die sinodale skaal en ander voordele en riglyne as basis.

Aansoeke:

  • Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV, twee onlangse getuigskrifte sowel as die name van minstens vier referente.

U is welkom om ’n onlangs geneemde profielfoto in te sluit.

  • Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2024.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud indien daartoe versoek.

Zoom-onderhoude kan gedoen word indien nodig.

Stuur aansoeke aan:

Die Voorsitter, Diensverhoudingekommissie: kerkkantoor@ngkboksburgpark.co.za

Navrae:

Dr Marius Gertzen (konsulent) – sel: 083 235 6201.

Francois Scholtz (voorsitter van die diensverhoudingekommissie) – sel: 072 270 3850.

Kerkkantoor: 011 896 2211.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.