Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Queenswood: Voltydse medeleraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Voltydse medeleraar

Sluitingsdatum: 15 Oktober 2024.

Gemeenteprofiel:

NG Gemeente Queenswood, met ’n lidmaattal van 863 lidmate, is geleë in ’n gevestigde middelklas woonbuurt in die Mootarea van Pretoria. Die demografie van Queenswood en ander woonbuurte, het die afgelope 30 jaar stelselmatig verander. Die gemeente bedien heelwat ouer persone en daar is vyf tehuise vir ouerwordende persone binne die gemeentegrense. Die gemeente is ’n gestuurde gemeente en wil graag ’n verskil maak in die omgewing. Ook is die gemeente besig om nuut te dink rondom ’n Engelstalige multikulturele bediening, parallel aan die huidige bediening.

Die gemeente se webtuiste,www.ngkqueenswood.co.za, kan geraadpleeg word vir meer inligting.

Leraarsprofiel:

  • Die persoon moet lief wees vir die Here en ’n passie hê vir die lewe en bediening.
  • Hy/sy moet jonk en goed tweetalig (Afrikaans en Engels) wees en goed oor die weg kom met jonk en oud.
  • Selfstandig kan werk en aksies inisieer.
  • Goeie sosialemediavaardighede hê.
  • ’n Belangstelling in kerkplanting sal ’n aanbeveling wees. Die persoon moet die parallelle bediening, Queenswood Christian Community, verder ontwikkel.
  • ’n Persoon wat gelegitimeer is, maar finalejaar teologiese studente kan ook aansoek doen.

Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele:

  • Skaal 1 van sinodale riglyn.
  • Huissubsidie, reistoelae, selfoontoelae.

Aansoek:

  • ’n Curriculum vitae (CV) met twee referente.
  • ’n Vraelys wat op aanvraag by die kerkkantoor beskikbaar is.
  • Aansoekers mag moontlik gevra word vir ’n preekbeurt.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2025.

Navrae:

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.