Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kimberley-Vooruitsig: Voltydse Leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Voltydse Leraar

Sluitingsdatum: Vrydag 18 Oktober 2024.

Die NG Kerk Kimberley-Vooruitsig is besig om voor te berei om iemand te beroep vir hierdie pos wat op 30 September 2024 vakant raak.

Gemeenteprofiel

  • Kimberley-Vooruitsig is ’n gemeente in Kimberley in die Noord-Kaap provinsie en is deel van die sinode in Noord-Kaapland.
  • Die gemeente bestaan uit 600 belydende lidmate en 107 dooplidmate. (Daar is twee tehuise vir bejaardes binne die gemeentegrense, asook twee groot hoërskole met koshuise en ’n laerskool).
  • Kimberley-Vooruitsig is ’n gereformeerde kerk wat gesteld is op Skrifgetroue prediking.
  • Die gemeente is tot en met die vertrek van sy voltydse leraar deur haar bedien. ’n Aflos-predikant sal tot en met die bevestiging van ’n nuwe leraar in die gemeente werksaam wees.
  • Die gemeente se visie is: “Ons is die Here s’n”.

Leraarsprofiel

Die gemeente soek na en bid vir:

  • ’n Skrifgetroue prediker wat in die gereformeerde tradisie staan en die liturgie kreatief aanwend om van elke erediens ’n lewende Godsontmoeting te maak.
  • ’n Lerende ouderling wat ’n aktiewe rol sal speel in die bemagtiging van die gemeente (Artikel 9: “die opbou van die gemeente, onderrig en toerusting van gelowiges vir hulle dienswerk, die gemeente se dienswerk in die wêreld, leiding en organisering van die gemeente”) ten opsigte van die bediening van alle ouderdomsgroepe in lyn met die gemeente se waardes. (Dit kan in ’n aansoeker se guns tel indien hy/sy ’n bevestigde leraar is met ten minste drie jaar ondervinding in gemeentelike bediening.

Leerbare proponente sowel as kwalifiserende emeriti sal egter ook oorweeg word).

Vergoeding

  • Die totale koste van indiensneming (TKVI), insluitend behuising, is onderhandelbaar met die kerkraad volgens die riglyne van die Algemene Taakspan Predikantesake (ATP) in oorleg met Algemene Taakspan Fondse en Bates (ATFB).
  • ’n Behuisingstoelaag word voorsien aangesien die gemeente nie oor ’n pastorie beskik nie.

Aansoeke

Indien u die Here se roepstem in hierdie pos hoor, stuur vir ons:

  • ’n Dekbrief waarin u …
  1. Uself kortliks bekendstel.
  2. Duidelik aandui hoe en waarom u uself tuisvind binne die raamwerk van bostaande leraarsprofiel.
  • ’n Volledige curriculum vitae (elektronies), insluitend drie referente met volledige kontakbesonderhede. (Deur die indiening van hulle CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPIA-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur die NG Kerk Kimberley-Vooruitsig vir kerklike doeleindes asook vir die beroepingsproses gebruik kan word.)
  • Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
  • Aansoekers sal ingelig word of hulle genooi gaan word vir ’n onderhoud.
  • Aansoeke moet na die volgende adres gestuur word: skriba.ngkvooruitsig@gmail.com

Sluitingsdatum: Vrydag 18 Oktober 2024.

Diensaanvaarding: Die datum sal met die suksesvolle kandidaat bevestig word.

Navrae

Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 08:00-13:00.

Teologiese studente in hulle finale jaar is welkom om navraag te doen.

Die gemeente hou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.