Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Miederpark Gemeente, Potchefstroom (dolerend): Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Miederpark-gemeente (geleë in Potchefstroom) is ’n geloofsfamilie wat begeer om in ’n innige verhouding met God te wandel. Vervul met die Heilige Gees is ons “draers van Hoop in Christus!”. Ons wil ’n verskil maak in ons gemeenskap.

Ons integreer gebed met alles wat ons doen. Ons rus mekaar toe met suiwer Bybelse waarhede as fondasie vir ons geloofsgroei. Ons deel ons getuienis met vreugde. Ons reik graag deur omgeeliefde uit.

Ons gemeente het 710 belydende en 162 dooplidmate en word bedien deur een predikant. Hierdie pos sal deur die suksesvolle kandidaat gevul word.

Predikantsprofiel:

Die geskikte kandidaat moet ’n besonderse passie en talent vir prediking en toerusting van lidmate hê. Hy/sy moet aan die volgende vereistes voldoen:

  1.   Pligte van Artikel 9 soos uiteengesit in die Kerkorde, nakom.
  2. ’n Besonderse passie vir suiwer Woordverkondiging hê, met genoegsame ervaring.
  3. Moet lidmate kreatief kan toerus om dissipels in ’n veranderde wêreld te wees en moet ’n sterk sendingvisie en barmhartigheidshart hê.
  4. Sterk gawe vir verhoudingsbou hê en die instrumente van huisbesoek en pastorale begeleiding kundig benut. Goeie menseverhoudings, aanpasbaarheid, toeganklikheid en bou van sterk verhoudings is vir ons baie belangrik.
  5. Sterk leierseienskappe en moet goed in ’n span kan saamwerk.
  6. Moet gemeenskapswerk en uitdra van die evangelie bevorder.
  7. Moet ons seniorburgers met omgeeliefde versorg.
  8. Moet jeugleiers toerus en jeugbediening bevorder.

Vergoeding en voordele sal volgens sinodale riglyne vir voltydse predikante aangebied word.

Verblyf: Ruim pastorie is beskikbaar indien benodig.

Enige gelegitimeerdes kan aansoek doen.

Aansoeke sluit 2 Oktober 2024 om 12 uur die middag.

Indien jy geroepe voel na Miederpark-gemeente, Potchefstroom, stuur asb die onderstaande aan kantoor@mgemeente.co.za met die opskrif van die e-pos: “Vakante Leraarspos”.

  1. ’n Voltooide voorgeskrewe aansoekvorm moet u aansoek vergesel. Dit is verkrygbaar by ons kerkkantoor of kan afgelaai word by die volgende webadres: www.mgemeente.co.za
  2. ’n Dokument wat jou gawes, talente, passie en vorige werkservaring beskryf.
  3. ’n Dokument wat jou verhouding met God, jou Skrifverstaan en persoonlike getuienis en belydenis bevat.
  • Kandidate wat die kortlys haal, moet vir onderhoude en prediking beskikbaar wees in Potchefstroom. Die gemeentebestuur behou die reg voor om sonder opgaaf van redes die pos nie te vul nie.
  • Deur ’n aansoek in te dien gee die kandidaat sy/haar toestemming aan die gemeentebestuur om van die inligting vervat in die CV en dokumente, die bepalings van die POPIA-wetgewing aan te wend. Alle inligting sal andersins vertroulik hanteer word.
  • Die gemeentebestuur behou die reg voor om verdere inligting oor die aansoeker in te win.
  • Diensaanvaarding: 10 Januarie 2025.

Vir navrae kan u kontak:

Des Humpel, sel: 082 370 2869 – gemeentebestuurder.

Ds Willem Louw, sel: 082 340 7549 – leraar.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.