Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
VAKATURE: ’n Voltydse gelegitimeerde NG leraar wat geroepe is om die kerkraad en gemeente te help om hulle doel uit te leef in lyn met die aanvaarde Vaste Fondamente van die gemeente.
Sluitingsdatum: 11 Oktober 2024.
Gemeenteprofiel: Die NGK Windhoek-Wes is geleë in Hochlandpark, Windhoek en is ’n eenleraargemeente. Die kerk het ongeveer 400 belydende lidmate en 70 dooplidmate wat oor ’n uitgestrekte gebied woon, en wat ook lidmate van die boeregemeenskap in Khomas Hochland insluit. Windhoek-Wes is ook konsulent vir die Okahandja-gemeente. Die kerk val onder die Sentraal Ooste-ring en onder die Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Namibië.
Leraarsprofiel:
Ons Vaste Fondamente is gegrond op (i) suiwer verkondiging van die Woord, (ii) opbou van die gemeente, en (iii) uitbou na die samelewing om ons, alles tot eer van God. Naas die vaardigheid om uitvoering aan Artikel 9 te gee, soek die gemeente ’n dienaar wat pas in die volgende profiel:
- Christelike waardes en liefde vir God.
- Skrifgetroue prediking.
- Verbind tot evangelisasie en dissipelskap as lewenswyse en nie net filosofie.
- Moet ’n dienaarshart hê wat omgee, versorg en kan identifiseer met vreugde en hartseer van die lewe.
- Leierseienskappe hê en dissipels/leiers kan oplei.
- Gelegitimeerd wees met volle ampsbevoegdheid.
- ’n Minimum van tien tot vyftien jaar voltyds in ’n NG gemeente(s) gewerk het.
Pligte: Soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele: Volgens sinodale riglyne vir ’n voltydse predikant.
Aansoek:
- Stuur ’n volledige en kreatiewe CV asook skakels na twee onlangse elektroniese preke na admin@ngwes.com
Die CV moenie langer as drie bladsye wees nie, met drie kontakbare referente.
Dit moet ook vergesel wees van ’n dekbrief, nie meer as twee bladsye nie.
- Die aansoeker sal ook ’n toepaslike vraelys moet voltooi wat met ontvangs van aansoek aangestuur sal word. Dit moet voor die sluitingsdatum teruggestuur word.
- Kandidate wat die kortlys haal sal per e-pos gekontak word en vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt genooi word.
Diensaanvaarding: So gou moontlik.
Navrae: Henry Hoepfner, voorsitter van die kerkraad. Per e-pos: henry@dulux.com.na of telefonies by 26461 81 127-4205
Die kerkraad behou die reg voor om self inligting aangaande die aansoeker in te win en nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie. Stuur aansoeke na: admin@ngwes.com