Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Margate: Voltyds-onbepaalde termynpos (Medeleraarspos)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Sluitingsdatum: 11 November 2024.

Margate-gemeente, met 1 057 lidmate, is geleë langs die Suidkus van KwaZulu-Natal. Ons leuse is: MARGATE LEEF VIR CHRISTUS. Die gemeente het twee bedieningspunte, nl op Margate en Port Edward en sluit afgetredenes sowel as werkende gesinne in.

Leraarsprofiel: Die posvereistes sluit die primêre funksie van die predikant in, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

Die predikant wat beroep word, is lief vir die Here en kan sy of haar geloof goed uitdruk.

Die geskikte aansoeker moet ’n passie vir familie- en gesinsbediening, skolebediening sowel as ’n besondere aanvoeling vir senior lidmate hê.

’n Missionale ingesteldheid sal ’n sterk aanbeveling wees.

Die vermoë om in spanverband te funksioneer is ’n vereiste.

Persone, verkieslik nie ouer as 45 jaar nie, sal voorkeur kry.

Vergoedingspakket: Volgens sinodale skaal. Gratis behuising in pastorie.

CV: Stuur asb ’n volledige CV met twee onlangse referente aan na:

Die saakgelastigde, ngmargate@mweb.co.za. Aansoeke moet nie vier bladsye oorskry nie.

Navrae: Ds Lerisa Meyer by 082 525 3664.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die beskikbare aansoeke nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.