Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature vir vastetermyn Gemeenteleraar (2 jaar)
Die gemeente maak in biddende afhanklikheid bogemelde vakature bekend met die voorneme om ’n begindatum vanaf 1 Januarie 2025 met die leraar wat beroep sal word, te onderhandel.
Gemeenteprofiel: Wolseley is ’n plattelandse dorp in die Breëriviervallei omring deur asemrowende berge, en sowat 16 km vanaf Ceres, en 44 km vanaf Worcester. ’n Groot aantal van die gemeente se ongeveer 400 lidmate en 70 dooplidmate, is nou verbonde aan boerdery, veral sagtevrugte, steenvrugte en wingerd. Derhalwe vorm die boerderygemeenskap ’n sterk deel van die struktuur en funksionering van die gemeenskap.
Leraarprofiel en -vaardighede. Die suksesvolle applikant moet:
- ’n Gelegitimeerde NG leraar wees met drie jaar of meer bedieningservaring, verkieslik op die platteland.
- Energiek sy/haar roeping uitleef met die regte aanslag met jongmense en kinders.
- Iemand wees vir wie menseverhoudinge belangrik is en wat dit kan bou en onderhou, asook sterk in pastoraat onderlê is.
- Verstaanbaar en geïnspireerd eredienste lei wat ondersteun word deur besondere liefde vir en kennis van die Woord van die Here.
- ’n Waardering hê vir die bediening aan seniors en die belangrikheid van ’n gebedsbediening.
ANDER PASSIES: Gesinsbediening: Uitreik na skole en die gemeenskap, jeug- en kinderbediening.
Vernaamste pligte: Buiten die bogemelde vaardighede van die verwagte profiel en passies, wat aanduidend is van wat as primêr beskou word vir die gemeente, word uiteraard verwag dat die leraar alle pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde sal uitvoer. Spesiale aandag sal verlang word in die volgende:
- Die leidende rol in gemeentebediening, jeugbediening, getuienisbediening, en pastoraat.
- Huisbesoek en eredienste.
- Verseker dat die seniorbediening die aandag geniet wat dit verdien.
Vergoeding: ’n Vergoedingspakket van R450,000 (TKVI per jaar) wat reiskoste en byvoordele insluit. Aanvullend tot die pakket is behuising met munisipale dienste.
Aansoeke moet per e-pos gerig word aan Marius Barnard by: marius@wolfpackpears.co.za en Egbert Steyn by: egbert.steyn.2011@gmail.com
Aansoeke moet die volgende bevat:
- ’n CV (maksimum vier bladsye) met besonderhede van drie referente.
- Voltooide vraelys – kontak die gemeente se kerkkantoor by admin@ngwolseley.co.za vir die vraelys.
Algemeen: Navrae kan gerig word aan Marius Barnard (voorsitter DVK), 082 7702824 of Egbert Steyn (brugleraar), 082 820 0929. Kandidate wat op die kortlys geplaas word, sal gekontak word vir gesprekke en onderhoude.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 18 Oktober 2024.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie