Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Voltydse predikant met die fokus op tieners, studente en jong volwassenes
Sluitingsdatum: 18 Oktober 2024.
Die gemeente:
Kenridge-gemeente is ’n eietydse, makrogemeente geleë in die noordelike voorstede van Kaapstad met ’n lidmaattal van 5 550 en ’n gemiddelde lidmaatouderdom van 36 jaar.
Die gemeente se visie is “Ons bou brûe soos Jesus”. Kenridge-gemeente het ’n passie vir Jesus en mense. Daarmee saam wil die gemeente ’n baken van hoop wees in die gemeenskap en oor gemeenskapsgrense heen.
Doel van die pos:
Die predikant is tesame met die leraarspan verantwoordelik vir die geestelike leiding en sorg van die gemeente as geheel, met die spesifieke fokus op tieners (gr 8-12), studente en jong volwassenes. Hierdie bediening is ’n gefokusde bediening.
Fokusareas van die pos:
Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die posvereistes met ’n bykomende fokus op die bediening van tieners, studente en jong volwassenes, wat insluit:
- Die daarstel van ’n werkbare strategie vir die bediening aan tieners, studente en jong volwassenes.
- Planmatige en sistemiese bestuur van ’n eietydse en relevante bediening.
- Volgehoue geloofsvorming (met inbegrip van geestelike begeleiding, ondersteuning en berading) met die oog op holistiese integrasie as roepingsgedrewe en betrokke lidmate.
- Bou van gesonde verhoudings en skep van “community” waar tieners, studente en jong volwassenes kan tuiskom.
- Werwing, toerusting en begeleiding van vrywilligers.
Persoonsvereistes:
- ’n Aanpasbare spanspeler wat met ‘n sterk roepingsbewustheid energie en passie leiding neem.
- ’n Dinamiese, inspirerende en Skrifgetroue prediker en kommunikeerder.
- Effektiewe funksionering in ’n groeiende gemeente wat sisteme kan implimenteer.
- Vermoë om lidmate te werf, bemagtig en mobiliseer in ondersteuningsnetwerke.
- Toeganklike persoon met ’n goeie verstaan van jongmense wat as mentor en navolgingswaardige rolmodel kan optree.
- ’n Geïntegreerde persoon met goedontwikkelde emosionele en geestelike volwassenheid.
- Goeie kennis van sosiale media en kreatiewe kommunikasie om tieners, studente en jong volwassenes te bereik en betrek.
Kwalifikasies en ervaring:
- ’n Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.
- Ten minste vyf jaar ervaring van gemeentebediening en bewese ervaring in die bediening van tieners, studente en/of jong volwassenes.
Vergoedingspakket:
- Volgens sinodale riglyne en bedieningservaring.
- Huisvesting in die vorm van ’n behuisingstoelaag.
Aansoeke:
Stuur aansoeke na die gemeentebestuurder (Liezl Byliefeldt) per e-pos:
Dokumente verlang:
- Opgedateerde CV (maksimum drie bladyse).
- Kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
- ’n Kort motiveringsbrief (maksimum 300 woorde) wat die aansoek ondersteun.
- Skakels na twee onlangse opnames/uitsendings van preke.
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2025 (onderhandelbaar).
Proses:
Gekortlyste kandidate sal aan ’n gestruktureerde keuringsproses deelneem. Sodanige kandidate moet vir onderhoude beskikbaar wees op ’n datum, tyd en plek soos deur die keuringspaneel bepaal. Die finale keuringsproses sal ook psigometriese toetsing insluit. Die kerkraad behou die reg voor om onafhanklik van hierdie advertensie ’n aanstelling te maak of om nie die pos te vul nie.
Rig verdere navrae aan:
Liezl Byliefeldt (gemeentebestuurder) bestuurder@ngkenridge.co.za 082 492 5430.
Johan Steenkamp (leraar) johansteenkamp24@gmail.com 084 976 3931.