Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Bellville-Riebeeck: Deeltydse vastetermynpredikantspos (drie jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature vir deeltydse vastetermynpredikantspos (drie jaar)

Die NG Gemeente Bellville-Riebeeck maak in biddende afhanklikheid bogemelde vakature bekend met die voorneme om ’n begindatum van 1 Februarie 2025, met die predikant wat beroep sal word, te onderhandel. Die gemeente het tans ’n voltydse gemeentepredikant en daar word beplan om hulp aan hom uit te brei.

Gemeenteprofiel: NG Gemeente Bellville-Riebeeck is ’n voorstedelike gemeente in Bellville met ongeveer 740 lidmate, waarvan 61% van die belydende lidmate bo 65 jaar oud is. Bellville-Riebeeck is verbind daartoe om ’n missionale gemeente te wees wat in gehoorsaamheid aan die kerk se goddelike roeping, streef om die koninkryk van God te laat kom in die konteks waarin die Here die gemeente geroep het. Die demografie van die gemeente het oor die laaste aantal jare aansienlik verander en die gemeente wil graag ’n verskil maak in die omgewing waarin dit bedien. Die kerkraad wil gevolglik graag nuut dink rondom ’n multikulturele Engelstalige bediening, parallel aan die huidige bediening.

Leraarsprofiel en vaardighede. Die suksesvolle applikant moet:

  • ’n Gelegitimeerde NG predikant wees met toepaslike ondervinding.
  • Die geestelike versorging en opbou van ’n gemeente prioritiseer en die missionale roeping van bediening na buite onderskryf.
  • Iemand wees vir wie menseverhoudinge belangrik is en wat dit kan bou en onderhou.
  • Iemand wat sterk ondersteuning aan die voltydse gemeentepredikant kan bied en ook bereid is om leiding te neem in ooreengekome aspekte.
  • ’n Passie hê vir seniorbediening.
  • ’n Passie hê vir pastoraat en sterk daarin onderlê wees.
  • Verstaanbaar en geïnspireerd eredienste lei wat ondersteun word deur besondere kennis van die Woord van die Here.
  • Die vermoë hê om brûe te bou tussen verskillende portuurgroepe in ’n gemeente en kultuurgroepe in ’n gemeenskap.
  • Hy/sy moet goed tweetalig wees en ’n erediens in Engels kan lei.

’n Emerituspredikant wat aptyt het om hom/haarself vir nog ’n paar jaar energiek in die diens van die Here beskikbaar te stel, is ook welkom om aansoek te doen.

Vernaamste pligte: Buiten die bogemelde vaardighede en passies van die verwagte profiel, wat aanduidend is wat as primêr beskou word vir die gemeente, word uiteraard verwag dat die leraar alle pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde sal uitvoer. Spesiale aandag sal verlang word in die volgende:

  •  ’n Leidende rol in die vestiging van nuwe bedieninge in die multikulturele gemeenskap binne     die gemeente se grense.
  •  ’n Ondersteunende rol in pastoraat en siekebesoek.
  •  Verseker dat seniorbediening die aandag en ondersteuning geniet wat dit verdien.

Vergoeding: Vergoeding sal met die suksesvolle kandidaat beding word volgens die vergoedingspakkette van die Wes-Kaapse sinode as riglyn. ’n Pastorie is nie beskikbaar nie en behuising, indien benodig, sal deel van die totale koste van indiensneming vorm.

Aansoeke: Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 Oktober 2024 om 12:00.

Aansoeke moet per e-pos gerig word aan Johann Strauss by johann.strauss51@outlook.com en/of ds Martin Steyn by martin@ngkbriebeeck.co.za en moet die volgende insluit:

  • ’n CV met besonderhede van drie referente.
  • ’n Voltooide vraelys – kontak die gemeente se kerkkantoor by kktoor@ngkbriebeeck.co.za vir die vraelys.

Navrae:

Navrae kan gerig word aan Johann Strauss (voorsitter DVK) by 082 904 2689 of ds Martin Steyn (gemeentepredikant) by 083 321 8130. Kandidate wat op die kortlys geplaas word, sal gekontak word vir gesprekke en onderhoude.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke wat ontvang is, te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top