Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die gemeente maak in biddende afhanklikheid die volgende vakature bekend:
Vakature: Vastetermynpos met ’n kontrak van 2-3 jaar
Die gemeenteprofiel:
Ons is ’n behoudende Skrifgefundeerde gemeente in die Oos-Vrystaat met 236 lidmate.
Clocolan is ’n plattelandse gemeenskap sowat 170 km van Bloemfontein af, en beskik oor ’n uitstekende laerskool.
Ons het ook een van die beste aftree-oorde, byname “Cloc-in” in die Vrystaat, waar al die bejaardes baie na aan ons hart is.
Ons is ’n diverse boeregemeenskap en een van die beste landboudistrikte in die land. Die area is bekend vir verbouing van koring, soja en mielies. Veeboerdery, meestal beeste en skape sowel as die produksie van spesialiteitsvrugte soos kersies, vorm ook deel van die boerdery-aktiwiteite.
Learaarsprofiel:
- ’n Behoudende leraar wat Skrifgetroue prediking as prioriteit stel.
- Bedien die gemeente volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
- Hospitaal- en huisbesoek is belangrik vir ons gemeente.
- Betrokkenheid by Bybelstudiegroepe.
- Moet leiding kan neem met die uitdra van die evangelie.
Vergoeding: Onderhandelbaar (pastorie beskikbaar).
Diensaanvaardig: Febuarie/Maart 2025.
Aansoeke:
Stuur aansoeke per e-pos aan ngcloc@gmail.com
- Volledige CV nie meer as drie bladsye.
- Drie verwysings asook hulle kontaknommers.
- Bereid wees om vir ’n onderhoud te kom, sowel as om ’n preekbeurt waar te neem.
- Motiveer kortliks waarom u geroepe voel vir die bediening op die platteland.
Kontakpersone:
Ds Ettiene Nolte 083 332 459 (leraar).
PJ Botha 082 458 6096 (leierouderling).
Kosie Moolman 082 401 00141 (leierdiaken).
Sluitingsdatum: 3 November 2024.
