Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Rektor: Hugenote Kollege (Wellington)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die Hugenote Kollege te Wellington is ’n private Christelike naskoolse opleidingsinstelling wat spesialiseer in die opleiding van predikante, leiers in kerklike bediening, asook professionele persone in die maatskaplike welsynsektor. Die Kollege het ’n Christelike karakter en missionale roeping, en werk nou saam met die NG Kerk, VG Kerk, United Congregational Church en die Calvyn Protestantse Kerk.

Die huidige rektor tree af (einde April 2025) en aansoeke van dinamiese persone om hierdie uitdagende pos vanaf 1 April 2025 te vul, word ingewag.

Die ideale kandidaat voldoen aan die volgende vereistes:

  • Toepaslike nagraadse kwalifikasie (doktorsgraad dien as aanbeveling) in Geesteswetenskappe, Teologie en/of Maatskaplike Werk.
  • 5-10 jaar toepaslike ondervinding in ’n soortgelyke uitvoerende bestuursrol, verkieslik in die akademiese (Hoër Onderwys) omgewing.
  • Professionele kennis en insig met betrekking tot die strategiese en operasionele funksionering van sake-ondernemings.
  • Uitsonderlike vlak van visioenêre leierskap, emosionele intelligensie en interpersoonlike vaardighede.
  • Ervaring en insig met betrekking tot die kerklike en sosiale omgewing.
  • Goeie werkskennis / ervaring van toepaslike wetgewing, strukture en beste praktyke / metodiek van onderwys en opleiding (Hoër Onderwys en VOO).
  • Goed-ontwikkelde onderhandelings- en fasiliteringsvaardighede.
  • Bewese administratiewe vaardighede (bestuur van IT, Finansies en MHB).
  • Gebalanseerde Christelike teologie, waardesisteem en lewensbeskouing.
  • ’n Gesindheid van goedhartigheid, deernis en dienende leierskap.

Die suksesvolle posbekleër sal verantwoordelikheid neem vir die volgende funksies:

  • Strategiese leierskap en bestuur.
  • Akademiese leiding (insluitend opvoedkunde, leervorming en programbestuur).
  • Oorhoofse bestuur van kursusse/programme en dienste.
  • Strategiese menslikehulpbronbestuur.
  • Bemarking en openbare skakeling.
  • Finansiële bestuur (oorsig).
  • Inligtingstegnologie, infrastruktuur, geboue en bates.
  • Risikobestuur en verslagdoening.
  • Administratiewe bestuur.

Om aansoek te doen, registreer asseblief u aansoek by:

https://www.ditto.jobs/job-details?id=2453286158

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top