Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Voltydse jeugwerker: Tieners
Ons is op soek na ’n passievolle Jeugwerker: Tienerbediening wat ’n sterk bydrae kan lewer tot die totale ervaring van die tienerbediening. Die ideale kandidaat moet ’n jong volwassene wees wat energiek en kreatief is, vanuit hulle verhouding met die Here in nederigheid en diensbaarheid lei en ’n hart vir bediening het.
Jy sal sukses behaal in die rol en dit geniet as jy die volgende eienskappe het:
- Passie vir tieners en kleingroepleiers
Jy is baie gemaklik om in die leefwêreld van tieners in te klim, saam met hulle te leef, en verhoudings te bou. Maw jy moet relatable wees en hulle moet jou respekteer. Jy glo kleingroepe is ’n belangrike groeispasie, en kan gemaklik met volwasse groepleiers skakel.
- Goeie kreatiewe energie en probleemoplossing
Jy is vol nuwe idees en kan kreatiewe belewenisse fasiliteer wat tieners se verbeelding aangryp en hulle aanmoedig om deel te neem. Jy hou daarvan om te vra: “Wat as ons sou …?”
- Uitstekende kommunikasievaardighede
Jy kan gemaklik inligting oordra aan tieners en hulle ouers, en binne ’n span jou idees duidelik en maklik verstaanbaar deel. Bonus: Jy is ’n native met sosiale media en kan hulle ‘taal’ praat.
- Public speaking
Jy is gemaklik om op ’n verhoog voor honderde mense te praat en nuwe gesprekke aan te knoop. As jy daarvan hou om te preek, kan jy moontlik deel word van die preekspan.
- Innovasie en probleemoplossing
Jy geniet dit om nuwe uitdagings te probeer en kreatiewe oplossings te vind.
- Organiserings- en adminvaardighede
Jy moet goed wees met tydsbestuur en in die beplanning van verskeie gebeurtenisse en projekte soos eredienste, tienergeleenthede en kampe.
Verantwoordelikhede:
- Bou sterk verhoudings met tieners en leef saam met hulle.
- Bou sterk verhoudings en ondersteun meer as 40 volwasse kleingroepleiers.
- Koördineer eredienste en skakel met belanghebbendes.
- Tree op as gasheer (host) op Sondae en praat gemaklik voor mense.
- Beplan en organiseer tienerbedieningsgeleenthede, kampe en skoolaktiwiteite.
- Handhaaf sigbaarheid by skole en bou verhoudings met tieners, onderwysers en personeel.
- Werk saam met ander kerke en toon ’n gesonde samewerkingsgees.
- Bestuur administratiewe take en ondersteun die span met goeie koördineringsvaardighede.
Kwalifikasies:
- ’n Graad of diploma in enige rigting wat bogenoemde eienskappe ondersteun of genoegsame ondervinding met groot groepe.
- ’n Roeping vir bediening en ’n leerbare gees, met die moontlikheid om in die toekoms as diensleraar te ontwikkel.
Vergoeding: Onderhandelbaar. Vergoeding bepaal deur die Patterson C-Band spesialisskaal.
Onderhewig aan kwalifikasies en ondervinding.
Ure: 40 ure per week.
Kantoor: Hippolaan, Centurion.
Aanvangsdatum: 1 Desember 2024 of 1 Januarie 2025.
Stuur aansoeke voor 21 Oktober 2024 aan Stefan by sfourie@ksm.co.za
