Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Drie jaar vastetermynkontrak – voltyds (met opsie dat dit verleng kan word)
GEMEENTEPROFIEL:
Doornpoort-gemeente is ’n mediumgrootte, voorstedelike gemeente aan die noordekant van Pretoria. Doornpoort is ’n gemiddelde woonbuurt, aangrensend tot die Wonderboom-lughawe. Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit woonhuise en meenthuise. Die gemeente beskik oor ’n groot, moderne en uiters doelmatige kerkkompleks. Die bedieningstyl is kontemporêr en informeel met ’n sterk fokus op die geestelike transformasie van lidmate om as gestuurdes anders te leef.
Die visie van die gemeente is “Ons Vader se hart vir elke mens”. Dit is ’n ware omgeegemeenskap in ’n nuwe ontwikkelingsfase wat die transformasie van die gemeenskap wil verreken. Die gemeente bestaan uit ongeveer 800 lidmate waarvan ’n klein persentasie dooplidmate is.
Die predikantspos is tans vakant en die gemeente word op konsultasiebasis deur ’n afgetrede leraar bedien.
LERAARSPROFIEL:
- ’n Dinamiese en Skrifgetroue prediker wat deurentyd op geestelike, persoonlike en interpersoonlike vlak ontwikkel.
- ’n Persoon met ’n vermoë om geloofsonderskeidend binne ’n veranderende landskap leiding te gee.
- Iemand met ’n missionêre en pastorale bewussyn.
- ’n Innoverende leier wat selfstandig kan leiding neem en goeie menseverhoudings kan handhaaf.
- Bewese bedieningsondervinding.
- Die vermoë om lidmate van alle ouderdomme te kan bedien.
- Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die diensooreenkoms.
VERGOEDING: Onderhandelbaar volgens die riglyne van die Algemene Sinode.
AANSOEKE:
- Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en die name van drie referente.
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n moontlike preekbeurt.
- Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie en die reg om inligting te kontroleer word voorbehou.
RIG AANSOEKE AAN: Die saakgelastigde, e-pos: ngdoornpoort@gmail.com
NAVRAE:
Pieter Coertze (voorsitter van die kerkraad), 083 376 6671.
Nicolene Smuts (saakgelastigde), 082 966 0963.
SLUITINGSDATUM: 25 November 2024 met die oog op die uitbring van ’n beroep in Januarie 2025.
AANVANGSDATUM VAN POS: 1 April 2025.
