Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Voltydse Leraar
Die NG Gemeente Op-die-Berg, wat in die Koue Bokkeveld geleë is, stel hiermee ’n vakature vir die voltydse pos van leraar (onbepaalde termyn) bekend. Die standplaas is die dorp Op-die-Berg.
Ons gemeente se roeping is om in ’n groeiende verhouding met God en ons medemens te lewe, wat omgewings van liefde kweek, vir elkeen. Ons leraar as spanleier, moet saam met die gemeente werk om verhoudings in die gemeente en groter gemeenskap te help bou en te versorg. Kreatiewe intergenerasionele eredienste en kleingroepbyeenkomste help ons om saam in ons geloof te groei. Pastoraat en geestelike versorging wat help om verhoudings te herstel, is vir ons belangrik. As deel van ’n groter gemeenskap, moet ons leraar help om ons verantwoordelikheid tot die uitbou van God se koninkryk, na te kom. Ons het ’n voltydse medeleraar wat ’n interkerklike bediening onder Xhosa- en Sothosprekendes hanteer. Ons gemeente het goeie kontak en ’n noue verhouding met die plaaslike VGK-gemeente.
Die Op-die-Berg-gemeente is ’n dinamiese geloofsgemeenskap met bykans 350 lidmate, waarvan meer as 50% tussen 25 en 55 jaar oud is. Die dorp is in die Koue Bokkeveld 180 km van Kaapstad geleë, ’n pragtige landelike omgewing noord van Ceres. Die dorp beskik oor ’n uitstekende laerskool, wat ook pre-graad R- en graad R-klasse het, asook ’n kleuterskool vir 3-4 jariges. Die gemeenskap is op intensiewe vrugte- en groenteboerdery gerig.
As jy graag saam met ons die volgende tree op hierdie pad wil gee, nooi ons jou om aansoek te doen.
Minimum vereistes
- Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk-familie.
- Uitstekende kommunikasievaardighede (skryf, praat en die gebruik van verskeie multimedia-platforms).
- Roeping om die gemeente in hulle dienswerk binne die groter gemeenskap te ondersteun en uit te bou. ’n Bestaande Badisa-program en VKO-sentrum vorm deel van ons gemeente se gemeenskapsverantwoordelikhede.
- Kreatiewe en vernuwende denke ten opsigte van prediking, geloofsvorming en bedieningstrukture.
Sluitingsdatum: 25 Oktober 2024 teen 12:00.
Diensaanvaardingsdatum: 15 Januarie 2025.
Navrae:
Skriba: Madeleine van der Westhuizen: +27 82 604 1763.
Lid van die pre-advieskomitee en DVK: WP van der Merwe: +27 82 925 6663.
Huidige leraar: Ds Alex Clark: +27 83 492 5753.
Aansoekproses:
Stuur ’n volledige CV (nie langer as drie bladsye nie) aan: ngopdieberg@lando.co.za
’n Kort vraelys sal ontvangserkenning van jou CV vergesel. Ons ontvang ook graag die name en kontakbesonderhede van drie referente.
Vergoeding:
Markverwante vergoeding sal volgens die bestaande riglyne van die Sinode van Wes-Kaapland, asook gebaseer op ondervinding en kwalifikasies van die aansoeker, bepaal word. ’n Ruim pastorie, toegerus met ’n sonkragstelsel, is ook by die pakket ingesluit.
Die kerkraad behou die reg voor om onafhanklik van hierdie advertensie ’n aanstelling te maak, of glad nie die pos te vul nie.
