Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse Gemeenteleraarspos
Riebeeckstad is ’n voorstad van die groter Welkom-area in die Vrystaat, bekend vir sy ryk goudvelde en historiese bydrae tot die Suid-Afrikaanse mynbedryf. Die voorstad bied ’n gesellige diverse gemeenskap. Ons omgewing het twee laerskole en een hoërskool terwyl die groter Welkom-area beskik oor ’n verskeidenheid skole.
Die gemeente Riebeeckstad is ’n missionale gemeente.
“Lig in die duisternis – hier vir God, mekaar en die wêreld”.
Ons gemeente word gekenmerk deur:
- Ons werk om die koninkryk met die wêreld te deel en is vir meer as 30 jaar missionaal.
- Ons ondersteun mekaar en bou mekaar op in ons diens.
- Ons beskik oor gevestigde gemeentestrukture met sterk leiers in die bestuur.
- Ons luister na God,
- ons luister na mekaar en
- ons luister na die gemeenskap.
- Ons gee ruimte aan ander om Jesus te ontmoet en te dien.
Vir meer inligting oor ons gemeentewerksaamhede klik hier. www.oddways.co.za
Ons gemeente sal met graagte ’n nuwe leraar aanvaar wat:
- ’n Passie het vir missionaliteit.
- Goeie menseverhoudinge handhaaf.
- Lidmate kan motiveer en toerus vir dienswerk.
- Die gawe het om met kinders, jong volwassenes en bejaardes te werk en saam te stap.
- Goed kan kommunikeer deur prediking.
- Ingegrawe wees in die pastoraat.
- Effektief kan delegeer en ondersteun.
- Oor spesiale vaardighede beskik om met ander groeperinge in ’n multikulturele gemeenskap saam te werk.
Kwalifikasies/Posvereistes:
’n Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.
Pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde met spesiale fokus op jeugbediening, jong volwassenes en gemeenskapsbediening.
Vergoedingspakket:
Volgens sinodale riglyne en bedieningservaring.
Huisvesting in die vorm van ’n pastorie met basiese munisipale dienste.
Diensaanvaarding: Verkieslik 1 Januarie 2025 of so spoedig moontlik daarna.
Aansoeke en proses:
Stuur asseblief na kantoorbestuurder Jennifer van Antwerpen by:
riebkantoor@lantic.net of 057 388 2697. Voorsitter pre-advieskommissie Hendrik van Zyl by hzepos@gmail.com of 074 102 1900.
Ons benodig: ’n Opgedateerde CV (maksimum drie bladsye) en ’n kort motivering wat die aansoek ondersteun.
Kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2024
Gekortlyste kandidate sal aan ’n gestruktureerde keuringsproses deelneem. Sodanige kandidate moet vir onderhoude beskikbaar wees op ’n datum, tyd en plek soos deur die keuringspaneel bepaal. Die kerkraad behou die reg voor om onafhanklik van hierdie advertensie ’n aanstelling te maak of om nie die pos te vul nie.
