Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Uitvoerende Hoof
DIE POS:
Die geskikte kandidaat is ’n persoon met bestuurskundigheid en ervaring en die vermoë om die korporatiewe hoofkantoor van 12 maatskaplike diensorganisasies in die welsynsektor te bestuur. Die maatskappy en diensorganisasies funksioneer as Christelike geloofsgebaseerde kerklike organisasie en die suksesvolle kandidaat moet hom/haar vereenselwig met die etos en kultuur van die Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid Maatskappy.
KERN KPA’s:
Die volgende kundigheidsterreine is ’n sterk aanbeveling vir die suksesvolle kandidaat:
- ’n Geordende predikant van die NG Kerk met kundigheid op die terrein van diakonaat.
- Kennis van maatskaplike ontwikkeling met ’n goeie verstaan van die welsynsomgewing, regeringsbeleid en die NWO-sektor.
- Bewese en toepaslike kennis en ervaring van organisasiebestuursfunksies ten opsigte van onder andere, menslike hulpbronne, finansies, fasiliteite en bemarking.
- Eiendomsbestuur met goeie oorsig oor instandhouding en versekering.
DIENSVOORDELE:
- Totale jaarlikse vergoedingspakket: Die NG Kerk se vergoedingskaal vir predikante.
- Vergoedingspakket is Totale Koste van Indiensneming en sluit alle werkgewersbydraes in.
- 30 Werksdae vakansieverlof per jaar.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag, 25 Oktober 2024.
Alle aansoekers sal nie noodwendig vir onderhoude genooi word nie.
Die SKDBM behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
Stuur volledige CV (met besonderhede van twee referente) aan skdbm@mweb.co.za
