Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Deeltydse Leraar (tweejaartermyn)
INDIENSTREDING: 01 Maart 2025
AANSOEKE SLUIT: 07 November 2024
Ons droom van ’n gemeente waarin …
- Jesus die Middelpunt en Fokus is van ons hele lewe en bediening.
- Elkeen welkom sal voel.
- Ons elkeen se gawes, lewe en bediening net so belangrik is soos dié van die leraar.
- Ons oor grense met ander hande vat vir ’n beter en gesonder Tulbagh vir almal.
LERAARSPROFIEL
- Het ’n diep, geesvervulde verhouding met die Here.
- Voorsien Skrifgetroue prediking wat die Bybel lewendig en verstaanbaar maak vir almal.
- Het ’n gemaklike preekstyl wat tradisionele én vernuwende dienste insluit.
- Is passievol oor mense en die bou van verhoudings.
- Lei ons om sterk verhoudings met die Here en mekaar te bou.
- Help mense met empatie en begrip om geestelik te groei.
- Is aanpasbaar en bereid om mense te ontmoet waar hulle is.
- Het ’n spesiale passie vir ons senior lidmate én vir ons kinders.
WIE IS ONS?
Die NG Kerk Tulbagh is een van die oudste gemeentes in Suid-Afrika, gestig in 1743, met ’n ryk geskiedenis wat deur eeue van geloof, verandering en saamwees strek. Ons is trots op ons diep wortels in die gemeenskap, wat bestaan uit beide boere en dorpenaars. Ons ledetal sluit lede in wat hulle hele lewe deel van hierdie gemeente is, sowel as nuwe gesigte wat onlangs ingetrek het. As ’n plattelandse gemeente is intergenerasiebediening noodsaaklik, wat ’n dinamiese en gevarieerde omgewing skep vol geleenthede vir groei en verandering.
Die afgelope jaar, sonder ’n leraar, het ons doelgerig gewerk om ons gemeente se behoeftes beter te verstaan. Ons besef dat ons soms verskillende oortuigings en verwagtinge het, maar ons geloof in Christus bind ons saam. Ons droom van ’n leraar wat ons kan lei om brûe te bou en saam te groei, nie net in ons gemeente nie, maar ook in ons breër gemeenskap.
VERGOEDING en DIENSOOREENKOMS
- Deeltydse pos (50% van voltydse werksure – onderhandelbaar).
- Jaarlikse pakket: R360 000 (TKVI).
- Dienspligte: Volgens Artikel 9 van Kerkorde (sal in onderhoud bespreek word).
AANSOEKPROSES
Gelegitimeerde predikante van die NG Kerk-familie is van harte welkom om aansoek te doen. Stuur asseblief ’n volledige CV saam met ’n dekbrief waarin u u geskiktheid vir ons gemeente verduidelik.
Stuur aansoeke aan: admin@ngkerktulbagh.co.za
Navrae:
Sophie du Toit (voorsitter kerkraad): 082 404 7778.
Romijn Scheepers (diensverhoudinge): 082 494 4593.