Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Biggarsbergvallei: Voltydse Leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Voltydse Leraar

Die gemeente Biggarsbergvallei is ’n “jong” gemeente met ongeveer 478 belydende en 84 dooplidmate, geleë in Dundee en Glencoe, in die noorde van KwaZulu-Natal, (tussen Ladysmith en Newcastle), sowat 25 km oos van die N11-roete in ’n baie histories-ryk omgewing. Die gemeente bestaan uit 13 dorpswyke en drie plaaswyke. Die belangrikste ekonomiese bedrywighede in ons gemeenskap is landbou, nywerhede en mynbou. Daar is ’n aftree-oord op Glencoe sowel as op Dundee en laasgenoemde beskik ook oor ’n bejaarde versorgingseenheid. Daar is ook goeie skole op die dorp sowel as in die breër omgewing.

Die gemeente het meer as twee jaar gelede ’n nuwe reis begin toe die drie plaaslike NG gemeentes saamgesmelt het as een nuwe gemeente, na ’n baie oortuigende en suksesvolle besluitnemingsproses. Die eerste behoefte van die nuwe gemeente, Biggarsbergvallei, was ’n fasiliteringsproses, geïnisieer deur die kerkraad, en in oorleg met ’n uitgebreide lidmaatsgespreksgroep, alles onder die bekwame leiding van prof Malan Nel as fasiliteerder. Hieruit word ’n nuwe visie en missie gebore naamlik:

“ONS is God se fontein. ONS verheerlik Hom. ONS versorg mekaar en ONS gemeenskap en ONS bring hoop! (Eseg 47:1-12 ea)” Hieruit word ook vier doelwitte geformuleer as missionale fokuspunte om gestalte te gee aan die missie van die gemeente, naamlik Hulpverlening, Nuwe intrekkers, Gasvryheid, Musiek, en gepaardgaande toerusting. ’n Uitdaging wat duidelik na vore gekom het is die vestiging van ’n gesinsbediening met die bedoelde uitkoms van die geloofsvorming van ons kinders en jongmense. Verder is dit baie duidelik dat die erediens en die vernuwende liturgie as lewensritme van die gemeente; die toerusting van geestelike leiers; ’n fokus op verhoudings na binne en ekumenies; sowel as die verdere ontwikkeling en verfyning van bedieningstrukture, noodsaaklik is vir ons opbou in navolging van die Here Jesus en vir die eensgesindheid in die gemeente.

Alle voornemende aansoekers sal hulle deeglik moet vergewis van hierdie geloofsafhanklike proses in die gemeente, waarvan hulle deel sal vorm en dat hulle nie net hulle eie insette na die gemeenskap bring nie, maar hulle sal kan versoen met die profiel en behoeftes van die gemeente.

Vergoeding:

As gemeente in ’n proses van groei, wil ons saam die Here vertrou dat ons binne sinodale riglyne sal kan onderhandel, met die normale byvoordele soos van toepassing.

Aansoek:

Hierdie pos is ’n heerlike uitdaging in die koninkryk en ons bid dat die Here vir ons ’n toegewyde kind van Hom sal stuur wat saam met ons op hierdie ontdekkingsreis sal wil gaan in hierdie nuwe en opwindende tydvak van ons gemeente se navolging en meelewing saam met Hom, Jesus die eersteling uit die dood.

Enige gelegitimeerde predikant van ons kerk wat geroepe voel om by hierdie span aan te sluit word genooi om voor 22 November 2024 om 12 uur, ’n CV van maksimum drie bladsye en drie referente aan die onderstaande adres te stuur.

NB: Kandidate op ’n kortlys moet bereid wees om genooi te word, om te kom kuier.

Navrae:

Stoffel Mouton (voorsitter van die kerkraad) 082 329 0225. mouton@trustnet.co.za

Ds Pieter Kotze (konsulent) 079 970 3120.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke wat ontvang is, te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.