Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Dordrecht: Leraarspos Oos-Kaap (Vastetermynkontrak een tot drie jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos

Gemeenteprofiel: Dordrecht-gemeente is gestig in 1857 en bestaan tans uit 180 belydende lidmate en 50 dooplidmate. Die gemeente resorteer binne die Ring van Dordrecht en die Oos-Kaapse Sinode.

Die gemeente bely dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is, wat deur die Heilige Gees geïnspireer is. Deel van die visie van die kerkraad is om die bediening aan ons gesinne en gemeenskap uit te bou met die oog op gemeentegroei.

Sien Facebook: NG Kerk Dordrecht

Leraarsprofiel:

Alle belangstellende proponente, beroepbare leraars en emeriti tot die ouderdom 68 jaar.

Die leraar is ’n entrepreneur en implementeer ’n groeistrategie vir die gemeente, wat insluit: onaktiewe lidmate, geestelike groei, die insluit van jongmense en skoolkinders en die bediening aan seniors; ’n fasiliterende styl van leierskap wat lidmate mobiliseer, bemagtig en verenig om hulle gawes in die bedieninge van die gemeente uit te leef.

Pligte: Basiese leraarspligte met Artikel 9 as basis en soos ooreengekom met kerkraad.

Vergoeding en voordele: Vergoedingspakket is R430 000 (sluit bonus in). Bykomend gratis ruim pastorie met elektrisiteit, water, internet, alarm en reiskoste vir gemeentewerk.

Indien jy geroepe voel om vir die pos in Dordrecht aansoek te doen, stuur asseblief ’n volledige CV, getuigskrifte en afskrifte van akademiese kwalifikasies en akte van legitimasie. Aansoeke moet vergesel wees van ’n voltooide vraelys wat per aanvraag gestuur sal word na aansoekers.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2024.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2025 of soos onderhandel.

Rig aansoek aan: NG Kerk Dordrecht

Voorsitter: Van Aardt Greyling, e-pos: NgKerkdordrecht@lcom.co.za Sel: 082 782 7674.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top