Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Naboomspruit: Medeleraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse Medeleraarspos

In biddende afhanklikheid van die Here stel ons ’n voltydse medeleraarspos bekend en nooi leraars uit om aansoek te doen om deel te wees van ’n dinamiese span by Naboomspruit-gemeente.

Ons gemeente is geleë in ’n gemiddelde grootte plattelandse dorp. Die gemeente het sowat 980 belydende lidmate en 130 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit 43 dorpswyke en 12 plaaswyke. Die bediening sluit twee laerskole, ’n hoërskool en ’n ouetehuis in. Die Oog-aftreelandgoed (11 wyke), Euphoria-gholflandgoed en ander vakansieoorde val ook binne die gemeentegrense.

Naboomspruit-gemeente is aktief betrokke binne die groter geheel van ons gemeenskap. Die lidmate is, onder leiding van passievolle gemeenteleiers, betrokke by onder andere barmhartigheidsdiens, uitreikbediening en plaasbediening. Die gemeente beskik oor ’n aktiewe kerkraad wat hulle beywer om deur onder meer kinder- en jeugbediening, Bybelstudie en musiekbediening die gemeente toe te rus en uit te stuur.

Medeleraarspos

Die posbekleër moet alle aspekte van die gemeentelike bediening, in samewerking met sy/haar kollega, hanteer soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde en in die diensooreenkoms omskryf is.

Dit is vir ons as gemeente belangrik dat die suksesvolle kandidaat iemand is wat:

  • Sy liefde vir die Here passievol uitleef.
  • ’n Gesinspersoon is en gesinswaardes uiters hoog ag.
  • Fokus om gesinne en kinders te bereik en te bedien.
  • Kleingroepe en bedieninge help uitbou ten einde lidmate verder toe te rus.
  • ’n Hart het vir die gemeenskap en met empatie barmhartigheid sal ondersteun.
  • ’n Visie het om die Woord van God uit te dra sodat ander daardeur bereik kan word.
  • Goeie menseverhoudings koester en toeganklik is.
  • Binne spanverband kan saamwerk en floreer.

Vergoedingspakket

Ons bied vergoeding aan volgens die sinodale riglyne wat betref traktement, reiskoste en behuising. Die finale diensooreenkoms is onderhandelbaar.

Aansoeke

Indien u geroepe voel, stuur asseblief die onderstaande aan ng.naboom@gmail.com met die onderwerptitel van die e-pos: “NUWE MEDELERAAR”

  • CV van drie tot vier bladsye
  • Dekbrief met oorsig van u huidige bediening, werkservaring, passie, talente en waarom u aansoek doen.

Die pre-advieskommissie behou die reg voor om onafhanklik inligting oor die aansoeker in te win ten einde na die aard van die posvereistes te bepaal wie die mees geskikte persoon vir die pos sal wees.

Navrae

Leon Eksteen           082 575 5766 (voorsitter pre-advieskommissie).

Ds LJ Pretorius        072 394 6097 (leraar).

Mev CA Nel              014 743 0152 (skriba).

’n Kortlys sal saamgestel word en daar sal van die kandidate op die kortlys verwag word om ’n onderhoud met die kerkraad te voer en ’n preekbeurt waar te neem.

SLUITINGSDATUM: 30 November 2024.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top