Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature – Studenteleraar
Universiteitsoord sien met verwagting uit na aansoeke van lewenslustige en entoesiastiese kandidate wat met hedendaagse studente kan identifiseer en betrokke wil wees by hulle aktiwiteite. As jy dus voel jy het ’n passie vir studente, nooi ons jou uit om aansoek te doen vir hierdie pos.
Sluitingsdatum: 4 November 2024.
Dienstermyn: Voltydse permanente pos.
Gemeenteprofiel:
Universiteitsoord is ’n gemeente wat bely dat God mense liefhet en dat die Here alle mense in liefde en genade insluit en gebruik in sy koninkryk, daarom is Universiteitsoord ’n oop, inklusiewe gemeente waar almal welkom is, voel hulle behoort en ook kan beweeg om ’n verskil in die wêreld te maak.
Leraarsprofiel:
Ons ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde van die NG Kerk wat hom/haar vereenselwig met en kan uitleef in ’n gereformeerde spiritualiteit; het deeglike teologiese kennis asook kennis van studentekultuur en -psige en kan effektief met studente kommunikeer, verhoudings bou en onderhou. Ons is op soek na ’n aanpasbare en geïntegreerde persoon met kreatiewe en vernuwende denke (en met respek vir tradisies); goed-ontwikkelde sosiale vermoë, interpersoonlike vaardighede, effektiewe prediking en die vermoë om effektief in spanverband te kan funksioneer.
Pligte:
Artikel 9 van die Kerkorde, met ’n fokus op studentebediening:
- Verhoudings bou met studente.
- Pastorale en geestelike begeleiding van studente.
- Toerusting van studenteleiers.
- Reël en hantering van studentekampe en -uitreike.
- Bywoon van studente-aktiwiteite.
Vergoeding
- Sinodale skaal sal dien as riglyn.
- Pastorie of behuisingsubsidie.
Aansoek:
Aansoekvorms is beskikbaar by kantoor@universiteitsoord.co.za
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2025.
Navrae:
- Dr Arno Meiring: 082 807 4530.
- Kerkkantoor: 066 408 0909.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie
