Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk Bloemhof: Voltydse Leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Voltydse Leraar

Enige persoon wat homself of haarself geroepe voel tot die bediening in Bloemhof, met inagneming van die leraarsprofiel, is welkom om aansoek te doen.

Gemeenteprofiel:

Bloemhof is ’n plattelandse gemeente in die Noordwes-provinsie met ’n sterk boerderyinslag. Die gemeente bestaan uit ongeveer 550 lidmate wat ingedeel is in plaaswyke, dorpswyke en wyke in die plaaslike tehuis vir bejaardes.

Die visie van die gemeente is “Wees, Word, Maak Dissipels.”

Hier word gepoog om elke individuele lidmaat tuis te laat voel, om sy of haar gawes en talente in die gemeente te gebruik en elkeen ruimte te gee vir sy of haar unieke persoonlikheid.

Ons gemeente het ’n oop hand vir sending en diens van barmhartigheid.

Leraarsprofiel:

  • Moet ’n gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wees en maksimum 55 jaar oud.

Indien getroud, sal dit tot voordeel van die aansoeker wees.

  • Moet ’n geesvervulde verhouding met die Here hê en moet met Skrifgetroue prediking lidmate kan toerus om in ’n lewende verhouding met God te leef.
  • Moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, verskille in liefde kan hanteer, bejaardes met deernis kan behandel en ons jongmense kan motiveer om in ons huidige omstandighede die Here te soek en te dien.

Vergoeding en diensooreenkoms:

  • Vergoeding sal wees volgens sinodale skaal en pligte soos in Artikel 9 van die Kerkorde vervat.
  • ’n Ruim pastorie wat insluit munisipale dienste, toegerus met sonkrag, internet, sekuriteitskameras en swembad vorm deel van die pakket.

Aansoeke:

  • Stuur aansoeke per e-pos na ngkerkbloemhof@nwet.co.za
  • Verkorte CV nie langer as vier bladsye nie.
  • Drie verwysings asook die kontakbesonderhede van elk.
  • Moet bereid wees om te kom vir ’n preekbeurt en beskikbaar wees vir ’n onderhoud na die erediens. Indien getroud, moet die eggenoot tydens die onderhoud teenwoordig wees.

Posaanvangsdatum: 1 April 2025.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 6 Januarie 2025 om 16:00.

Navrae:

  • Ouderling Charles de Beer (voorsitter van die kerkraad) 082 856 5430.
  • Mev Karen Jacobs (skriba/kassier) 083 333 4431.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke wat ontvang word, te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.