Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Voltydse Vastetermynleraar
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here, aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.
GEMEENTEPROFIEL:
- Springs-Noord is op die Oos-Rand in Gauteng. Gemeente maak deel van Ring van Delmas.
- Lidmaatgetal: belydend 554 en doop 108.
- Besoekpunte: 413.
KANDIDAAT:
Die kerkraad het besluit om nie ’n vereiste te stel ten opsigte van die kandidaat se diensjare en ondervinding nie en sal alle aansoeke oorweeg. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Die volgende vereistes is van besondere belang vir die kerkraad:
- ’n Sterk gereformeerde teologie-uitkyk met ’n besondere klem op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die kerk se belydenisskrifte.
- ’n Passie vir die bediening van die Woord in alle fasette van die gemeentewerk.
- Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat en huisbesoek.
VERGOEDING:
Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die sinodale skaal en ander voordele en riglyne as basis. Applikant het ’n keuse tussen pastorie of behuisingsubsidie.
AANSOEKE:
- Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV, twee onlangse getuigskrifte sowel as name en nommers van referente, asook Akte van Legitimasie.
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
- Sluitingsdatum: 15 Januarie 2025.
STUUR AANSOEKE AAN:
Die voorsitter van pre-advies kommissie: info@ngkspringsnoord.co.za
Navrae: Frikkie Smith 083 601 5183 of Diek de Beer 082 353 2907.