Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Bethanie (Namibië) : Deeltydse vastetermynpos – twee jaar emeritus/leraar/diensleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Vakature: Deeltydse vastetermynpos – twee jaar

Emeritus/leraar/diensleraar

In biddende afhanklikheid van die Here nooi die kerkraad gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om vir hierdie leraarspos aansoek te doen.

GEMEENTEPROFIEL:

Bethanie is ’n familiegrootte plattelandse gemeente binne die Sinode van Namibië en is ongeveer 140 km noordwes van Keetmanshoop geleë. Die gemeente het ongeveer 100 lidmate. Die gemeente is opgedeel in drie wyke. Die afstand van besoekpunte is tot 150 km van die dorp af, meestal grondpaaie. Kleinveeboerdery is die hoof ekonomiese aktiwiteit in die omgewing. Die lidmate se gemiddelde ouderdom is 57 jaar.

LERAARSPROFIEL:

Ons sien met verwagting uit na ’n leraar wat:

  • ’n Lewende verhouding met God het.
  • ’n Leraar wat ingestel is op persoonlike kontak en wat goeie verhoudinge met almal kan handhaaf.
  • ’n Leraar wat ’n passie het vir die platteland en sy mense.
  • Begrip het vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente, waar die nodige hulpbronne (skole, winkels, mediese behandeling, ens) nie juis beskikbaar is nie en afstande ’n groot rol speel.
  • ’n Leraar wat ook oor ’n ander inkomste beskik.
  • Namibiese burgerskap is verkieslik en sal voorkeur geniet by beoordeling van aansoeke.

PLIGTE:

  • Die gemeente plaas ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking en getroue huisbesoek en siekebesoek.
  • Daar word van die leraar verwag om twee eredienste per maand, een op Bethanie en een in ’n wyk, te hou.
  • Die leraar moet een week huis-/pastorale besoeke per maand doen.
  • Bedien en begelei die gemeente volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

VERGOEDING:

  • Aangesien ons ’n klein gemeente met unieke bedieningsbehoeftes is, verwag ons van die leraar om ’n verminderde werkslading teen verminderde vergoeding te aanvaar.
  • N$ 250 000 per jaar voor belastingaftrekkings word aangebied.
  • ’n Gerieflike, gemeubileerde pastorie is as behuising beskikbaar met dienste ingesluit en internettoegang. (Inwoning is verpligtend).
  • ’n Bakkie is beskikbaar vir amptelike reisverpligtinge.
  • Dit staan die leraar vry om die tye wat hy nie aan diens is in Bethanie nie, met buurgemeentes, wat moontlik vakant mag wees, reëlings te tref om teen vergoeding, daar te bedien of dan iets anders te doen om sy inkomste aan te vul.

AANSOEKE:

Stuur persoonlike besonderhede, ’n kort CV (drie bladsye), asook die name en kontakbesonderhede van drie referente aan die kerkkantoor: ngkbet@gmail.com

Kandidate, wat kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n virtuele onderhoud.

Sluitingsdatum: 15 Januarie 2025. Aanstellingsdatum: 1 Julie 2025.

NAVRAE:

Mev Minette Viviers, skriba, + 264 81 246 1693.

Ds GP Peens, brugleraar, +264 81 475 7268 of +27 82 372 6768 (WhatsApp).

E-pos:gieppeens@gmail.com

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

 

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.