Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Vaalwater: Leraar (vastetermynkontrak)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Leraar – vastetermynkontrak

(Drie jaar met wedersydse opsie om te verleng)

Hierdie pos bedien Vaalwater- en Waterberg-gemeentes in kombinasie, met die primêre bediening op Vaalwater.

Leraarsprofiel:

  • Van die leraar sal verwag word om ampspligte uit te voer volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
  • ’n Ervare prediker.
  • Persoonlike vaardighede om die bediening met toewyding in ’n plattelandse bosveldplaasgemeenskap te hanteer.
  • Die bediening sluit in die pastorale versorging van Bosveldsig-aftreeoord op Nylstroom.
  • Soos in alle plattelandse gemeentes, is die volle spektrum van jeug tot senior lidmate teenwoordig, en die bedienaar moet in staat wees om almal te bedien.
  • Beide Vaalwater- en Waterberg- gemeente het ’n eie identiteit en die bedienaar moet die vermoë en aanvoeling hê om te midde van die sekulêre wêreld, beide gemeentes optimaal te bedien.
  • Aangesien beide gemeentes in die Waterberge geleë is, is dit belangrik dat beide steeds bakens van lig en lewe van die Koninkryk van God in hierdie omgewing sal wees.

Vergoeding:

Die vergoedingspakket (TKVI) ten opsigte van traktement, byvoordele en behuising sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word met inagneming van die huishoudelike omstandighede van die aansoeker. Behuisingsopsies is beskikbaar in beide Vaalwater en Nylstroom.

Aansoeke:

Stuur ’n volledige CV (nie langer as vier bladsye nie), met ten minste twee toepaslike referente, na die skriba van NG Gemeente Vaalwater, by kantoor@vaalwater.ng.org.za (nie later as 13 Desember 2024 nie).

Navrae:

Ronel Olivier (voorsitter van die kerkraad van NG Gemeente Vaalwater): 082 785 5732.

Ds Charl Bredell (voorsitter van die kerkraad van NG Gemeente Waterberg): 082 469 2499.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.