Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Vredenburg Moedergemeente: Voltydse medeleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Vakature: Voltydse medeleraar

Sluitingsdatum: 22 November 2024.

GEMEENTEPROFIEL:

  • NG Vredenburg Moedergemeente is ’n plattelandse gemeente aan die Weskus (ongeveer 140 km noord van Kaapstad) van Suid-Afrika met ongeveer 1 100 belydende en 255 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit lidmate van alle ouderdomsgroepe.
  • Ons is ’n omgee-gemeente waar ons naby aan God tot seën vir mekaar en ander leef. Al ons aksies spruit uit waardes wat gerig is op gehoorsame soeke na God se wil.
  • Ons omgewing en gemeenteprofiel word geraak deur die ekonomiese uitbreiding aan die Weskus. Die uitbreiding aan die Weskus en semigrasie uit ander dele van die land veroorsaak dat jonger lidmate en gesinne toenemend hier vestig, wat ’n besliste invloed op die bedieningsfokus van die gemeente meebring.

LERAARSPROFIEL:

  • Ons vertrou die Here vir ’n leraar wat opgewonde ons visie as omgeegemeente sal deel en sal aanklank vind by ons waardes.
  • Hierdie pos is vir ’n gelegitimeerde van die NG Kerk wat die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde sal nakom.
  • Die gemeente het ’n behoefte aan ’n dinamiese, Geesvervulde leraar wat entoesiasties is oor sy/haar roeping, wat ’n passie het vir die Skrifgetroue verkondiging van die Woord en wat omgee vir mense.
  • Bewese ondervinding in die vestiging en ondersteuning van ’n kleingroepbedieningsmodel.
  • Sensitief vir die bedieningsuitdagings van diverse spiritualiteite en kulture.
  • Bewese vaardighede met die gebruik van sosiale en multimedia om kommunikasie te bevorder.
  • Vermoë om leiers toe te rus en te ondersteun om verantwoordelikheid vir projekte en bedienings te neem.

VERGOEDING:

  • In lyn met sinodale riglyne.
  • Die pakket sluit ’n pastorie (behuising) in.

AANSOEKE:

  • Belangstellendes moet ’n volledige CV elektronies stuur, met die name, telefoonnommers en e-posse van minstens drie referente wat gekontak kan word.
  • Die beroepingskommissie versoek ook ’n een minuut video-opname waarin belangstellendes hulle roeping en rede vir aansoek bespreek. Die video of skakel na die video, moet asseblief saam met die CV ge-epos word.
  • Indien beskikbaar, voorsien asb ’n webskakel na ’n erediens wat die aansoeker behartig het.
  • Die sluitingsdatum is 22 November 2024.
  • Die e-posadres is: vredngk2@imaginet.co.za
  • Vir navrae skakel: Jurie van Zyl (083 556 1054) of Frans Koch (083 270 7737).
  • Die datum van diensaanvaarding is soos ooreengekom met die beroepene.

Die kerkraad behou hom die reg voor om geen beroep uit die aansoeke uit te bring, of ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top