Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Woodland Hills NG Gemeenskapskerk (WHNGGK): Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Vakature: Voltydse leraar

(Huidige leraar tree af)

Sluitingsdatum: 20 November 2024.

Gemeenteprofiel:

Woodland Hills is ’n NG Gemeenskapskerk (WHNGGK) in Bloemfontein. Die gemeente is 14 jaar oud en het ongeveer 528 belydende, 223 dooplidmate en 33 vriende van die gemeente. Vriende van die gemeente is lidmate wat inskakel en bedien word, maar wat nie hulle tradisionele lidmaatskap kanselleer nie. WHNGGK is ’n voorstedelike gemeente wat hoofsaaklik die landgoed van Woodland Hills bedien, maar het ook heelwat lidmate buite die grense van die landgoed. Die gemeente wil ’n tuiste wees waar God se liefde tasbaar is en sodoende elkeen toerus en uitstuur. Ons gemeente bestaan uit alle ouderdomsgroepe, met ’n persentasie senior lidmate waarvan ’n deel in ’n “Lifestyle Village” binne die gemeentegrense woon.

Ons as Woodland Hills NG Gemeenskapskerk wil graag aansoeke van passievolle en energieke leraars ontvang. Deel van die visie van die kerkraad is om die bediening aan ons gesinne uit te bou met die oog op gemeentegroei. Die geskikte kandidaat moet ’n liefde vir God en ’n liefde vir mense op alle ouderdomsvlakke hê en aan die volgende profiel voldoen:

Leraarsprofiel:

GESLAG: Hoewel alle eienskappe in ’n manlike vorm geskryf is, veronderstel dit ook dat ’n geskikte kandidaat vroulik kan wees.

  • Die ouderdom van die kandidaat behoort tussen 35 en 50 jaar te wees.
  • Die kandidaat moet ’n Geesvervulde persoon wees vir wie die gemeente en die koninkryk van God die hoogste prioriteit is.
  • Die hoofopdrag aan die kandidaat sal wees:
  •  Die geestelike versorging van die gemeente.
  •  Geïnspireerde eredienste.
  •  Aktiewe jeugbediening (Die leraar sal ook hiervoor verantwoordelik wees).
  •  Sistematiese huisbesoek.
  •  Pastorale versorging van lidmate by wyse van hospitaalbesoeke, pastorale besoeke en die besoek van nuwe intrekkers.
  •  Die kandidaat moet voortgaan met die opbou en uitbou van die dinamika en die momentum       wat in die gemeente bestaan.
  •  Die uitwerk en aanbied van Bybelstudies.
  •  Die kandidaat moet die visie van Galasiërs 5:6b aanvaar, naamlik: “Al wat van belang is, is geloof wat deur liefde tot dade oorgaan”.
  • Die kandidaat moet ook die missie van die gemeente verstaan en hom daartoe verbind, naamlik:

VERBINTENIS/COMMITMENT, OPENHEID/OPENNESS, UITNEMENDHEID/EXCELLENCE!

Pligte:  Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele: Die salaris sal met die sinodale salarisskale as riglyn bereken word.

Aansoek:

Indien jy geroepe voel om vir hierdie opwindende pos aansoek te doen, stuur asseblief jou volledige CV met persoonlike besonderhede. Vul asseblief jou CV met die volgende inligting aan te vul, naamlik:

  1. ’n Kernagtige uiteensetting van hoe u aan die leraarspos se profiel voldoen.
  2. ’n Kernagtige uiteensetting van hoe u reken u in die profiel van die gemeente sal kan inpas.
  3. ’n Kernagtige opsomming van u persoonlike roeping en inspirasie tot die gemeentelike bediening.
  4. ’n Kernagtige opsomming van u ondervinding betreffende die jeugbediening.

Die datum van beroeping is DV So 1 Desember 2024.

Datum van indiensneming: 1 Februarie 2025.

Die webadres van die gemeente is: www.woodlandhillskerk.co.za

Navrae:

Judy Havenga, e-pos: kantoor@woodlandhillskerk.co.za  tel: 051 492 3064.

Johan Lombard, e-pos: johan@ppasa.net sel: 082 560 0130.

Ds Anton Meiring, e-pos: anton@woodlandhillskerk.co.za sel: 079 895 3914.

Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke ontvang, te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.