Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Loxton: Leraarspos (Vaste termyn twee jaar hernubaar)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Leraarspos (Vaste termyn twee jaar hernubaar)

Gemeenteprofiel: Loxton is ’n klein, boomryke, rustige Karoodorp. Geleë tussen buurdorpe Beaufort-Wes, Victoria-Wes, Carnarvon en Fraserburg op die R63. Die gemeente is in 1899 gestig en die kerkgebou was vanjaar 100 jaar oud. Die kerkgebou sit in die middel van die dorp en ons wil dit as simbool sien van waar dit in ons lewe is.

Daar is geen groot afdelingwinkels nie, slegs ’n kliniek en die dokter kom op ’n Dinsdagoggend. Die gemeente bestaan uit vier plaaswyke en een dorpswyk. Die meeste besoekpunte is per grondpad.

Leraarsprofiel: Enige gelegitimeerde leraar, emeritusleraar, of proponent van die NG Kerk wat hom/haar vir ’n paar jaar energiek in diens van die Here op die platteland beskikbaar wil stel, word uitgenooi om biddend aansoek te doen. In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde is dit vir die gemeente belangrik dat die leraar

  • Beskik oor goeie organiseringsvermoë.
  • Geldige rybewys het en ervaring het van op grondpaaie bestuur.
  • Behulpsaam wees met fondsinsamelingsprojekte.
  • Wyksbyeenkomste reël en hou.
  • Huisbesoek/kuier in die gemeente.

Vergoeding en voordele:

  • Onderhandelbaar.
  • Gratis pastorie met munisipale dienste.
  • Kerkvoertuig vir gemeentewerk met onderhoud en brandstofrekening vir die kerk.

Aansoeke:

Stuur volledige CV per e-pos voor of op 15 Desember 2024 na ngkerkloxton@yahoo.com

Name en kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings.

Kandidate wat oorweeg word kan vir ’n preekbeurt en ’n gesprek genooi word.

Met die indiening van ’n CV gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing, deur die NG Gemeente Loxton vir die beroepingsproses gebruik kan word en om self ook inligting aangaande die aansoeker in te win.

Sluitingsdatum: 15 Desember 2024.

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2025.

Navrae:

Oudl GF Spies 082 378 1937.

Skriba: M Meintjes 072 626 4136, e-pos: ngkerkloxton@yahoo.com

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang is nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.