Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kandelaar Studentegemeente: Predikantspos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Predikantspos

Sluitingsdatum: 10 Januarie 2025.

Dienstermyn: Vaste termyn van twee jaar.

Indienstreding: 1 Mei 2025 of soos onderhandel tydens die onderhoud.

Gemeenteprofiel: Kandelaar is ’n eiesoortige gemeente geleë in Potchefstroom. Dit bestaan uit studente en ander jong volwassenes. Die gemeente se bedieningsfokus is hoofsaaklik die NWU Potchefstroomkampus maar ook ander tersiêre instellings op die dorp. Die gemeente se roeping is om jong mense te help ontdek en wees wie God sê hulle is. Kandelaar is gevolglik ’n dinamiese gemeente met gepaardgaande unieke geleenthede en uitdagings.

Leraarsprofiel:

  • Het allereers ’n diep Geesvervulde verhouding met die Here.
  • Lewer Skrifgetroue boeiende prediking wat die Bybel lewendig en begryplik vir almal maak.
  • Kan ’n erediens lei met deurleefde, kontekstuele prediking, kreatiewe liturgie en teologiese suiwerheid.
  • Is innoverend met die bou van interpersoonlike verhoudings sowel as konflikhantering.
  • Beskik oor meelewende, dinamiese persoonlikheid wat veral ook in spanverband kan werk.
  • Help mense met empatie en begrip om geestelik te groei.
  • Is aanpasbaar en is bereid om mense te ontmoet waar hulle is.
  • Het ’n spesiale passie vir studente en jong werkendes.
  • Goeie kreatiewe energie.
  • Weens die unieke aard van die gemeente en die bediening sal die volgende gawes tot u voordeel strek:
  •   Musiekbediening.
  •   Kundigheid in die gebruik van aanlyn en digitale media.
  •    Ondervinding of sterk aanleg in die veld van bemarking.
  •    Bekwaamheid in administrasie en logistiek.

Vergoeding en diensooreenkoms:

  • TKVI-vergoeding volgens sinodale skaal tot en met kerf 6.
  • Diensooreenkoms volgens Artikel 9 van die Kerkorde (sal verder in onderhoud bespreek word).
  • Vaste kantoorure met die verwagting van beskikbaarheid binne die unieke ritme van die gemeenteprogram.

Aansoekproses: Gelegitimeerde predikante van die NG Kerkfamilie is van harte welkom om aansoek te doen. Stuur ’n volledige CV saam met ’n dekbrief waarin u uiteensit waarom u bevoeg vir en geneë tot die pos voel. U aansoek moet voorts vergesel word van ’n kort video wat meer persoonlike inligting en ’n kort bekendstelling bevat (Wie is jy? Hoekom doen jy aansoek? Iets interessant oor jouself). Indien reeds beskikbaar kan u ook ’n Gallup Strengths Finder by u aansoek insluit.

Stuur aansoeke aan: kandelaaraansoeke@gmail.com

Navrae:

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.