Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Durbanville: Senior jeugwerker

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Senior jeugwerker

Durbanville Gemeente se jeugbediening is gebou op ’n formasiereis, waardeur kinders van doop tot belydenis van geloof, en ook daarna, gevorm word as dissipels van Jesus, wat saam met medegelowiges in diens is van God se nuwe wêreld.

Die fokus van die senior jeugwerker is om hierdie formasiereis, in samewerking met die predikante en junior jeugwerker, verder te verdiep en te ontwikkel, deur die volgende:

Posprofiel:

  • Sterk teologies gefundeerde prediking, wat fokus op kleiner kinders, tieners en jong volwassenes, maar ook hulle ouers insluit.
  • Werwing en ontwikkeling van leiers vir jeuggroepe, asook voorsiening van gepaste jeuggroephandleidings.
  • Betrokkenheid by die drie plaaslike skole: voorbereidingskool, laerskool en veral die hoërskool, in samewerking met onderwysers en ander vennote.
  • Die beplanning en begeleiding van jeugaksies soos kampe, uitstappies en uitreike.
  • Kommunikasie van die jeugbediening deur verskillende mediaplatforms.
  • ’n Familie-aanslag, wat die hele gesin benader in die bedieningstrategie.
  • Geestelike begeleiding en leierskapsontwikkeling van jong volwassenes na afloop van belydenisaflegging.

Kwalifikasies:

Teologiese opleiding. ’n Gelegitimeerde proponent sal gunstig oorweeg word.

Vergoeding: Volgens sinodale salarisskaal.

Termyn: Die pos het ’n termyn van drie jaar.

Aanvangsdatum: 1 Februarie 2025 indien moontlik.

Aansoeke:

Stuur ’n CV met drie verwysings, asook ’n motiveringsbrief waarom jy jouself in hierdie pos sien, vir Jackie Pretorius by jackie@dgkerk.co.za

Kandidate moet tot ’n onderhoud bereid wees, indien so versoek word. Kandidate moet op versoek ’n digitale kopie van ’n preek wat in ’n erediens opgeneem is, kan aanstuur.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 8 Desember 2024.

Navrae:

Dr Tinus van Zyl: tinus@dgkerk.co.za / 083 289 4985.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.