Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Parkkruin Familiekerk: Jeugwerkerspos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Jeugwerkerspos

NG Gemeente Parkkruin Familiekerk is op soek na ’n energieke en dinamiese persoon met ’n liefde en passie vir die jeug.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 3 Januarie 2025.

Dienstermyn: Kontrakpos – 12 maande.

Gemeenteprofiel: Parkkruin Familiekerk is ’n voorstedelike gemeente in Parkview, Johannesburg, wat tussen verskeie laer- en hoërskole geleë is. Die gemeente fokus op die familie in geheel.

Die oorhoofse doel van die pos is die totale versorging en bediening van die jeug (kleuters tot Gr 10). Die pos is in samewerking met die jeugkommissie en die voltydse leraar van die gemeente. Daar word van die kandidaat verwag om by alle aspekte rakende die jeug betrokke te raak.

Pligte: (’n Volle posbeskrywing kan aangestuur word op versoek).

  • Aanbied en koördinering van kategese.
  • Koördinering van tienerbediening sowel as kinderkerk.
  • Tree op as deel van die jeugspan tydens gemeente-aktiwiteite.

Posvereistes:

Persone wat oor die volgende vereistes beskik kan aansoek doen om die pos te vul:

  • Matriekkwalifikasie.
  • ’n Passie vir God en ’n hart vir jongmense.
  • ’n Lewende verhouding met die drie-enige God.
  • Emosionele volwassenheid en leierseienskappe.
  • Geroepenheid en passie vir jeugbediening.
  • Moet goed in spanverband kan saamwerk.
  • Goeie menseverhoudinge.
  • Rekenaarvaardigheid.
  • Beskik oor eie vervoer.
  • Verkieslik jonger as 40 jaar.

Werksure: Vyf ure per week, waarvan twee ure op ’n Sondag moet wees.

Vergoeding: R5 000 per maand.

Aanvangsdatum: 12 Januarie 2025.

Aansoek: Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en referente.

Stuur aansoek aan: kerkkantoor@parkkruin.co.za

Die geskikte kandidate sal genooi word vir ’n onderhoud.

Navrae: Deonette van der Merwe 087 164 0098.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.