Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Stad op die Berg (Louis Trichardt): Leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature vir leraar

God roep ons om te leef in sy lig en te volg in die voetspore van Jesus.

VAKATURE: ’n Voltydse gelegitimeerde NG leraar wat geroepe is om die kerkraad en gemeente te help om hulle doel uit te leef in lyn met die aanvaarde visie van die gemeente.

Sluitingsdatum: Vrydag 7 Maart 2025.

Gemeenteprofiel:

  • Groot plattelandse gemeente met geografiese bedieningsarea 120 km x 80 km bestaande uit 711 belydende en 217 dooplidmate.
  • Twee buitepreekpunte, kleuterkerkdiens, laerskooldiens en creché.
  • Bedieningspan: leraar vastetermynkontrak tot 2027 en leraar (tentmaker).
  • Fokusareas: eredienste, betrokkenheid (missionaal), jeug, bejaardes en kleingroepe.
  • Bergcare NPO Gemeenskapsorganisasie behoeftige bejaardes en gesinne.

Deernispakkies, charity shop, kwekery, herwinningsprojek en deurgangshuis.

Leraarsprofiel: Die gemeente soek na en bid vir: naas die vaardigheid om uitvoering aan Artikel 9 te gee, soek die gemeente ’n dienaar wat pas in die volgende profiel:

  • ’n Toegewyde kind van die Here wat deur Hom tot die bediening geroep is.
  • ’n Skrifgetroue prediker wat in die gereformeerde tradisie staan en die liturgie kreatief aanwend om van elke erediens ’n lewende Godsontmoeting te maak.
  • Sy/haar primêre fokus en bediening moet gerig wees op ons gesinne met skoolgaande kinders.
  • Moet kan leiding neem met die uitbreiding en toerusting van die kleingroepe in die gemeente.
  • Moet ’n dienaarshart hê wat omgee, versorg en kan identifiseer met vreugde en hartseer van die lewe.
  • Leierseienskappe hê en dissipels/leiers kan oplei en help om die gemeente te bestuur.
  • Gelegitimeerd wees met volle ampsbevoegdheid.

Vergoedingspakket: Vergoeding sal volgens die sinodale riglyne en die TKVI beginsel, onderhandel word. Behuisingstoelaag, die gemeente het nie ’n pastorie nie.

AANSOEKE: Alle aansoeke moet per e-pos gestuur word na sg@stadopdieberg.co.za en vergesel wees van ’n volledige CV met vier referente. Aansoeke moet nie vier bladsye oorskry nie. Die kandidaat en sy/haar eggenote moet beskikbaar wees vir ’n naweek (Vrydag-Sondag) om die gemeente en kerkraad te ontmoet en ’n erediens te lei.

Aansoeke sluit Vrydag 7 Maart 2025 om 12:00.

Navrae: Kobus Janse van Rensburg, voorsitter DVK kobusjvr67@gmail.com 082 462 7193.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die beskikbare aansoeke nie.

 


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.