Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Barrydale (Wes-Kaap): Leraar – Voltydse vastetermynpos vir drie jaar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Bedienaar van die Woord (Leraar)

Voltydse vastetermynpos vir drie jaar

GEMEENTEPROFIEL

Barrydale is ’n plattelandse gemeente geleë tussen Montagu en Ladismith op die R62-roete. Die gemeente val binne die Ring van Swellendam en bestaan uit 175 belydende lidmate en 40 dooplidmate.

LERAARSPROFIEL

Moet kan aanpas by plattelandse gemeente en gemeenskap. Aktuele prediking, pastorale werk, huisbesoek, ’n lewende belangstelling in jonger mense en kinders en ’n hart vir ouerwordende mense, is vir die gemeente baie belangrik.

 WERKSPROFIEL

Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die dienskontrak. Spesifieke pligte sal bepaal word in onderhandeling met die kerkraad.

VERGOEDING

R400 000 per jaar (pensioen, medies en reistoelaag ingesluit).

Gratis behuising.

AANSOEK

Enige gelegitimeerde van die NG Kerk is welkom om aansoek te doen. (proponente, leraars, emeriti verkieslik tot 67 jaar).

Aansoekvorms is beskikbaar by die skriba, NG Kerk Barrydale, 077 378 4608.

Aansoeke kan by NG Kerkkantoor Barrydale of elektronies by ngkbarrydale@gmail.com ingedien word.

Kerkkantoorure: Maandae en Vrydae: 09:00 tot 12:00. Dinsdae, Woensdae en Donderdae: 09:00 tot 11:00.

SLUITINGSDATUM: 15 Januarie 2025.

DIENSAANVAARDING: 5 Mei 2025.

NAVRAE

Ds Olie Muller (huidige leraar) 082 379 0470.

Fanus Oberholzer(voorsitter pre-advieskommissie) 082 893 1836.

Die kerkraad behou hom die reg voor om, sonder opgaaf van redes, geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top