Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Vakature: Voltydse leraar (huidige leraar tree af)

Dit is met biddende harte wat ons gemeente die vakature van ’n NG leraarspos aan die breë kerk bekend maak.

NG Kerk Meyertonpark in ’n neutedop

  • In ons gemeente is Jesus eerste vir ons alles. Ons poog deurlopend om in alles, ons liefde vir Jesus voorop te stel.
  • Ons is lief vir mekaar en gee om vir mekaar. Ons doen moeite om by ons mense uit te kom, hetsy deur huisbesoek, pastorale besoek, hospitaalbesoek ens.
  • Ons gemeente bestaan uit ’n wye spektrum ouderdomsgroepe en ons poog om te fokus op elkeen se behoeftes.
  • Ons huidige leraar, sy gade (en dikwels sy volwasse kinders) is almal ’n integrale deel van ons gemeenteaksies. Dit bring ons die grootste vreugde as almal in families betrokke is en saam dien tydens gemeente-inisiatiewe.
  • Ons jaarlikse lentefees, oesfees en gholfdagaksies lê ons na aan die hart en ons maandelikse voedingskema spreek deurlopend die groot behoefte in ons gemeenskap aan.

Ons gemeenskap in ’n neutedop

  • Ons is so geseënd om in Midvaal Munisipaliteit nog mense te hê wat met hulle honde stap of drawwers wat oefen.
  • Ons is baie trots op ons plaaslike, groot laer- en hoërskole en ons is opgewonde oor die groei en ontwikkeling in ons area.

Alle NG gelegitimeerde leraars wat geroepe voel om in so ’n gemeente en gemeenskap te kom dien, is baie welkom om aansoek te doen vir die pos.

Oor ons gemeente

Lidmate:

  • Ons het tans ongeveer 87 dooplidmate en 510 belydende lidmate.
  • Ons is ’n Afrikaanssprekende gemeente.

Personeelspan: Ons gemeentespan bestaan uit:

  • ’n Voltydse leraar.
  • ’n Deeltydse ondersteunende span op Maandae, Woensdae en Vrydae oggende: administratiewe dame, koster en twee deeltydse terreinpersoneellede.
  • Deeltydse orrelis/orreliste.

Aangaande die pos

Vereistes: Die ideale kandidaat sal:

  • ’n Vloeibare posbeskrywing goed kan bestuur en maklik aanpasbaar wees.
  • ’n Betekenisvolle konneksie kan maak met gemeentelede van alle ouderdomsgroepe.
  • Goed met verskeie kleingroepe kan saamwerk.

Voltydse bedieningsjare sal voordelig wees.

Vergoeding:

  • Vergoeding is onderhandelbaar.
  • ’n Ruim pastorie is ingesluit, maar onderhandelbaar.
  • Die pastorie is ’n vyf slaapkamer, 2,5 badkamer met swembad en lapa.
  • Die pastorie kan beskikbaar gemaak word rondom Julie/Augustus 2025.

Aanvangsdatum:

  • Die huidige leraar tree af einde Mei/Junie 2025.
  • Die aanvangsdatum kan dus vanaf Julie 2025 wees.
  • Die kerkraad is egter oop daarvoor indien ’n ander aanvangsdatum onderhandel wil word.

Navrae:

Kontak gerus een van volgende kerkraadslede vir verdere inligting:

  • Hennie Troskie: 082 322 6405. • Mariette Barnard:  082 494 9846.

Sluitingsdatum: 17 Februarie 2025.

Aansoeke:

  • Stuur asseblief alle aansoeke na beide e-posse:
    o    meyertonpark@absamail.co.za
    o    elsie@consultantnetwork.co.za
  • Stuur asseblief die volgende vir ons oorweging:
    o    ’n Dekbrief waarin u die volgende kernagtig opsom:
    o    U persoonlike roeping en inspirasie tot die gemeentelike bediening (nie meer as 400 woorde);
    o    Waarom u bevoeg vir die pos voel (nie meer as 400 woorde).
    o    ’n Volledige CV.
    o    Twee verwysings.
    o    Akte van Legitimasie.
  • Aansoekproses: Hoewel ons tans die vakature adverteer en aansoeke in reaksie hierop oorweeg, is ons beroepingsproses nie beperk tot hierdie proses nie. Die indiensnemingsproses mag moontlik ander inisiatiewe insluit ten einde te verseker ons beroep die regte leraar.Ons sien uit om van u te hoor!

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.