Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Newtonpark, Port Elizabeth (Gqeberha) : Permanente deeltydse leraar/diensleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Vakature: Permanente deeltydse leraar/diensleraar (4 dae per week)                                 

Gemeenteprofiel

Die NG Kerk Newtonpark is in ’n dinamiese voorstad geleë, omring van laer- en hoërskole, hospitale en winkelsentrums. Die gemeente bestaan uit sowat 296 belydende en 36 dooplidmate.

Dit het ’n diepgewortelde liefde vir mense en laat hulle vinnig tuis voel. Dié gemeente glo dat geloof in dade omskep moet word. Beide die orrel en die sanggroep speel ’n belangrike rol in die erediens.

Leraarsprofiel

Die erediens het ’n intergenerasionele fokus deur ’n herder met ’n fyn aanvoeling vir die diverse behoeftes en strewes van die volle spektrum van gemeentelede. Iemand wat ’n suiwer gereformeerde teologie volg en verstaanbaar oordra op ’n wyse wat die daaglikse uitdagings van lidmate aanspreek.

Ons soek ’n goeie luisteraar met ’n fasiliterende leierskapstyl wat lidmate mobiliseer, bemagtig en verenig om hulle gawes in die bedieninge van die gemeente uit te leef. Spanwerk en persoonlike kontak met huisgesinslede is ’n vereiste. Binne hierdie familie-atmosfeer floreer lidmate.

Opdrag

Artikel 9 van die Kerkorde, soos ooreengekom met die kerkraad.

Vergoeding

Die deeltydse pos proporsioneel bereken behels ’n ongeveer 57% pos met ’n gemiddeld 25,6 uur werkweek.

Die allesinsluitende vergoedingspakket beloop R300 000 per jaar en kan na wense met inagneming van wetgewing gestruktureer word.

’n Pastorie (gratis inwoning, billike water, elektrisiteit en tuindiens ingesluit) word ook aangebied of alternatiewelik ’n subsidie ten bedrae van R8 000 pm.

Aansoeke

Stuur u CV insluitende name van referente, nie langer as drie A4-bladsye nie, met onderwerp “Leraarspos”, aan: newtonpark.ngk@absamail.co.za

Sluitingsdatum: 9 Februarie 2025.

Rig navrae aan:

  1. Konsulent: Ds Gerhard Loubser selfoon 083 656 3377.
  2. Ouderling: André van Heerden, selfoon 072 376 8310.
  3. Skriba: Me Heleen Schutte, tel: 041 365 2169/082 562 8956.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.