Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar / Proponent / Emeritus
Vastetermynkontrak / Diensleraar
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2024.
Dienstermyn: Twee jaar (daarna onderhandelbaar).
Gemeenteprofiel:
Barberton is ’n marginale plattelandse gemeente in die De Kaap-vallei, omring deur die Makhonjwaberge in die Laeveld en 45 km vanaf Nelspruit, met 355 volwasse lidmate en 34 kinders onder 16 jaar.
Die meerderheid lidmate is ouer lidmate, maar ons het ook lidmate in hulle middeljare, asook ’n pragtige klompie jonger mense in die gemeente.
Leraarsprofiel:
Gelegimiteerde amptenare van die NG Kerkfamilie wat hom- of haarself geroepe voel tot die bediening in Barberton, met inagneming van die leraarsprofiel, is welkom om aansoek te doen.
- Van die leraar sal verwag word om ampspligte uit te voer volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
- ’n Dinamiese en Skrifgetroue prediker wat deurentyd op geestelike, persoonlike en interpersoonlike vlak ontwikkel.
- Persoonlike vaardighede om die bediening met toewyding in ’n plattelandse gemeenskap te hanteer.
- Die leraar moet alle ouderdomme, van jeug tot senior lidmate kan bedien.
- Die bediening sluit in pastorale versorging van lidmate in aftree-oorde in Barberton.
- Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat en huisbesoek.
- ’n Fokusarea sal wees om kerklos lidmate in die gemeenskap deur getroue omgeebediening terug te bring na die gemeente van die Here.
- ’n Passie vir die bediening van die Woord in alle fasette van die gemeentewerk.
- ’n Innoverende leier wat selfstandig kan leiding neem en goeie menseverhoudings kan handhaaf.
- Goeie verhoudings met ander kerke in die gemeenskap kan handhaaf.
- ’n Goeie spanwerker sal tot voordeel strek.
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n moontlike preekbeurt.
Ons wil graag aan leraars, proponente, emeriti onder vastetermynkontrak of diensleraars die geleentheid gee om aansoek te doen.
Vergoeding en voordele:
Die vergoedingspakket ten opsigte van die traktement, byvoordele en behuising sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word met inagneming van die huishoudelike omstandighede van die gemeente asook van die aansoeker afhangend van die tipe pos wat beklee word, hetsy voltyds of deeltyds, asook die kandidaat se ervaring.
’n Ruim pastorie op die terrein word voorsien.
Aansoek:
Stuur ’n volledige CV (nie langer as vier bladsye nie), met ten minste twee toepaslike referente, na die skriba van NG Kerk Barberton by ngkerkbarberton@gmail.com (nie later as 15 Februarie 2025 nie).
Die aansoeker verleen deur sy aansoek aan die kerkraad die reg om inligting soos verskaf te verifieer.
Diensaanvaarding: 1 April 2025 onderhandelbaar.
Navrae:
- Christiaan Coetzee 072 570 3074.
- Charl Fourie 082 463 3598.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
