Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Fontainebleau Gemeenskapskerk (NG Fontainebleau) : Aanbiddingsleier

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Fontainebleau Gemeenskapskerk (NG Fontainebleau, ook FGK) is biddend opsoek na ’n aanbiddingsleier wat deel sal wees van ons gemeente.

Ligging: Randburg | Johannesburg

Is jy passievol om mense te begelei in aanbidding deur musiek? Het jy die begeerte om ’n missionale gemeente te inspireer om God meer getrou na te volg? 

FGK is opsoek na ’n aanbiddingsleier om ons aanbiddingsbediening te lei en ons te help om ons roeping deur uitnemendheid in musiek en lofprysing te vervul. 

Wat ons soek:

  • ’n Bekwame musikant met ’n stewige teoretiese en bewese praktiese musiekagtergrond.
  • ’n Spanlid wat goed in ’n span kan funksioneer.
  • ’n Persoon wat die rol van musiek in aanbidding, verstaan en waardeer.
  • ’n Kreatiewe persoon wat kontemporêre en klassieke kerkmusiek naatloos kan integreer.

As gemeente het ons ’n “blended” aanslag met ons aanbidding wat beide tradisionele en kontemporêre aanbidding hoog op prys stel. Dus soek ons iemand wat ’n waardering het vir gereformeerde liturgie, maar wat ook  ’n kontemporêre aanslag en verbeelding het. 

Hoofverantwoordelikhede:

  • Ontwikkel en implementeer ’n omvattende aanbiddingstrategie.
  • Lei, speel en sing self tydens eredienste
  • Beplan en koördineer musiek en musikante vir weeklikse dienste.
  • Werk in ’n samewerkende en ondersteunende omgewing saam met ons leraar- en kreatiewe spanne.
  • Bevorder intergenerasionele betrokkenheid deur die musikale gawes van ons gemeente te ontgin en ontwikkel.

Wie is die ideale kandidaat?

Indien jy iemand is wat deel wil wees van ’n gemeente met ’n passie vir aanbidding en gemeenskapsimpak.

Iemand is wat ’n bediening kan lei wat tradisie en innovasie in musiek kombineer.

Posbesonderhede:

Die aanbiddingsleierpos is ’n halfdagpos wat uitgebrei kan word tot en met ’n voldagpos – slegs indien voornemende kandidaat vaardighede het wat komplimenterend kan wees tot die bediening van die gemeente (bo en behalwe aanbiddingsleier) bv kommunikasie, ontwerp, finansies, pastoraal ens. Die primêre verantwoordelikheid is vir die aanbiddingsbegeleiding van ons gemeente as deel van die span, wat dan moontlik meer verantwoordelikhede kan opneem wat rondom hulle gawes en vaardighede gevorm sal word. 

Gelegitimeerdes (leraars en diensleraars) kan ook aansoek doen. Indien die gekose kandidaat ’n gelegitimeerde is, sal die korrekte kerkordelike proses gevolg word om die aanstelling te maak.

Hoe om aansoek te doen:

As jy geroepe voel tot hierdie rol, wil ons jou nooi om van jou te laat hoor! Stuur jou CV en ’n kort motiveringsbrief na jaco@fgk.co.za voor of op 14 Februarie 2025.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top