Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Ons gemeente in Amersfoort, Mpumalanga, nooi jou hartlik uit om deel te word van ons familie en die volgende vrugbare hoofstuk van ons reis saam met Jesus te lei.
Wie is ons?
Ons is ’n plattelandse gemeente met diep wortels en ’n passie vir groei en samewerking. Ons is finansieel stabiel, hardwerkend en staan as een liggaam saam, terwyl ons die unieke behoeftes van ons gemeenskap aanspreek.
Ons het ’n sterk vrouediens, ’n oorvloed van jong gesinne en nuwe dopelinge – hier is beslis iets in die water. Jaarlikse aktiwiteite soos ons vleisbasaar, die “Bakkie Buddy Challenge,” en ons kerkbasaar bring ons bymekaar – altyd met baie lekker eet en baie lag.
Wat maak ons spesiaal?
Ons bedryf ’n stylvolle, bekostigbare koffiewinkel wat behoort aan die kerk, met uitstekende
koffie en ’n hart om die gemeenskap te dien.
Ons dorp het al die basiese geriewe, insluitend ’n laerskool, dokters, slaghuise, en meer. Ons sien liefdevol om na ons senior inwoners en het ’n behuisingskema vir selfversorgende bejaardes.
Ons leef met ’n bewussyn dat ons nie perfek is nie, maar ons verwag ook nie dat jy moet wees nie.
Wie soek ons?
Dit vir die gemeente belangrik dat ons ’n gelegitimeerde, sterk en passievolle leraar nodig het, wat in aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde:
- Lief is vir Jesus en Sy kerk.
- Begrip het vir die unieke dinamika van ’n plattelandse gemeente.
- Lief is vir mense en sterk verhoudings kan bou.
- ’n Goeie prediker is.
- Tegnologie verstaan en dit kan gebruik om die bediening te ondersteun.
- Gereed is om saam met ons hierdie gemeente na nuwe hoogtes te lei.
Wat bied ons aan jou?
Ons wil jou nie net werk gee nie – ons wil jou deel maak van ons reis. Ons bied jou vriendskap, ondersteuning, genade, en ’n kans om te groei. Jy sal ervaring opdoen en saam met ’n unieke groep mense, wat weet hoe om saam te werk en saam te lag, God se hand sien werk. ’n Groot, veilige pastorie reg langs die kerk wag op jou en jou gesin.
Kom ervaar wat dit beteken om deel te wees van ’n gemeente wat jou nie net aanvaar nie, maar saam met jou wil floreer! Maak deel uit van ’n verhaal waar genade en vreugde saambind. Ons vertrou die Here om jou te lei om die regte besluit te neem.
Vergoeding:
Onderhandelbare salaris volgens sinodale riglyne, reiskoste volgens sinodale skale, verlof volgens die Verlofreglement en gratis pastorie. Ander byvoordele.
Aansoeke:
Aansoeke moet vergesel wees van jou CV – maksimum van drie bladsye en die kontakbesonderhede van drie onlangse referente. Onderhoude sal met die kandidate op die kortlys gevoer word met die moontlikheid van die neem van ’n preekbeurt.
Rig aansoeke aan: Die Pre-advieskommissie: e-pos: ngkamersfoort@gmail.com
Sluitingsdatum: Vrydag 31 Januarie 2025
Navrae: Thinus de Jager (leierouderling) – 082 806 6230.
Elize Coetzer (saakgelastigde) – 084 512 9768 of 017 753 1115 tot 13:00 weeksdae.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie, sonder opgaaf van redes.