Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Bergsig (Newcastle): Voltydse predikantpos (Reglement 13)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Voltydse predikantpos (Reglement 13)

Gemeenteprofiel:

Bergsig is ’n plattelandse gemeente in Newcastle, Noord Kwazulu-Natal (ongeveer 300 km vanaf Durban en Johannesburg). Newcastle as dorp is die derde grootste metropool in KZN en het ’n sterk industriële komponent met nywerhede in die staal-, tekstiel-, sement-, chemiese en mynbousektore. Die dorp ondersteun ook ’n groot boerderygemeenskap. Daar is ’n hele aantal gevestige laerskole asook ’n aantal hoërskole op die dorp. Die gemeente het ongeveer 950 belydende en 210 dooplidmate en bestaan uit lidmate van alle ouderdomsgroepe. Daar is twee ander Nederduitse Gereformeerde gemeentes op die dorp. Bergsig-gemeente val onder die Amajuba-ring en is deel van die Sinode van Kwazulu-Natal.

Ons is ’n gemeente wat Geesvervuld leef vir die koninkryk van God. Die ideale gemeenteprofiel: familie-gesentreerd, lewendig met ’n sterk jeugbediening, Skrifgetroue prediking met ’n passievolle deelname in die samelewing.

Ons omgewing en gemeenteprofiel word geraak deur die ekonomiese ontwikkeling op die dorp. ArcelorMittal (staalbedryf) was in die verlede die grootste bron van nuwe lidmate, maar oor tyd het dit heelwat verander en neig die jonger lidmate meer om entrepreneurs te wees. Dit veroorsaak dat jonger lidmate en gesinne toenemend hier vestig en sakegeleenthede gebruik, wat ’n besliste invloed op die bedieningsfokus van die gemeente meebring.

Leraarsprofiel:

  • Ons vertrou die Here vir ’n leraar wat ons visie as Geesvervulde gemeente sal deel en sal aanklank vind by ons waardes.
  • Hierdie pos is vir ’n gelegitimeerde van die NG Kerk wat die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde sal nakom.
  • Die gemeente het ’n behoefte aan ’n dinamiese, Geesvervulde leraar wat entoesiasties is oor sy/haar roeping, wat ’n passie het vir die Skrifgetroue verkondiging van die Woord en wat omgee vir mense.
  • Ons soek ’n persoon wat die vrug van die Gees demostreer: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid ,sagmoedigheid en selfbeheersing.
  • Die persoon moet ’n sagte hart hê om die gemeente te versorg en te dien, moet ’n dienende leier wees wat deur sy/haar voorbeeld lei en sorg dra vir die geestelike welstand van die gemeente.
  • Die persoon moet in staat wees om die Woord van God akkuraat te bedien en die gemeente in die waarheid te lei.
  • Persoon moet bewese vaardighede hê in die gebruik van sosiale-en multimedia om sodoende kommunikasie te bevorder.
  • Die persoon moet ook oor die vermoë beskik om gemeentelede toe te rus en te ondersteun om verantwoordelikheid vir projekte en bedienings te neem. Hy/sy moet inisiatiewe toelaat en deelname van gemeentelede aanmoedig.

Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele:

  • ’n Pakket in lyn met sinodale riglyne.
  • Die pakket sluit behuising (pastorie) in.

Aansoek:

  • Belangstellendes moet ’n volledige CV elektronies stuur, met die name, kontaknommers en e- posadresse van minstens drie referente wat gekontak kan word.
  • Die beroepingskommissie versoek ook ’n een minuut video-opname waarin belangstellendes hulle roeping en rede vir aansoek bespreek. Die video of skakel na die video, moet asseblief saam met die CV per e-pos gestuur word.
  • Indien beskikbaar,voorsien asseblief ’n webskakel na ’n erediens wat die aansoeker behartig het.
  • Die sluitingsdatum vir aansoeke is 17 Maart 2025.

Diensaanvaarding: Die datum van diensaanvaarding sal onderhandel word met die suksesvolle kandidaat.

Navrae:

Navrae kan gerig word aan die saakgelastigde (087 527 0623), weeksdae in die oggende, of per e-pos (skriba@bergsignewcastle.co.za).

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.