Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Kokstad (dolerend): Vastetermyn leraarspos (drie jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermyn leraarspos (drie jaar)

Gemeenteprofiel: Kokstad is ’n plattelandse gemeente met 153 belydende en 27 dooplidmate en 85 besoekpunte. Die gemeente is verdeel in vyf dorpswyke en drie plaaswyke. Van die belydende lidmate is 19 in die Ixopo-wyk wat deur ’n emeritus pastorale leraar bedien word. Die gemeente het in Maart 2023 sy eeufees gevier met groot dank aan ons Hemelse Vader. Die gemeente is ’n dolerende gemeente en is deel van die Koinonia Sinode.

Kokstad is op die suidelike grens van KZN, 138 km van Port Shepstone en 190 km van Pietermaritzburg.

Die gemeente streef om ’n gemeente te wees wat:

Met entoesiasme in hulle geloof groei.

Met liefde mekaar versorg.

Met deernis na ander uitreik.

Met passie die liggaam van Christus opbou!

Leraarsprofiel: Die leraar moet bely dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is wat deur die Heilige Gees geïnspireer is en ons roep tot Skrifgetroue en gehoorsame navolgers van Christus. Die leraar moet ook oor sterk leierseienskappe, ’n positiewe lewensuitkyk en goeie menseverhoudinge beskik.

Vergoeding: Die salaris sal R30 000 pm wees en vervoertoelaag sal met die leraar onderhandel word. Gratis huisvesting in ’n ruim pastorie, krag , water, internettoegang, sekuriteit en tuinwerker ingesluit.

Aansoeke: Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar met ’n volledige CV met kontakbesonderhede van verwysings. Leraars moet beskikbaar wees vir onderhoude en ’n preekbeurt. Rig aansoeke aan die kerkraad, NG Gemeente Kokstad per e-pos:

kokstadng@gmail.com of rnel@sanlam4u.co.za

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 31 Maart 2025.

Navrae: Leierouderling: Robbie Nel – 039 797 3333 (w), 082 784 1644.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top